Saturday 3 September 2011

Hekel lekkerte!!

Ek het besluit om die naweek bietjie met 'n nuwe projek te begin. Ek weet ek skuld nog n ta-da van my ander projek! Maar moet nog eers mooi foto's neem. Ek hou daarvan om op n Vrydag met 'n naweek projek te begin, iets wat teen sondag klaar kan wees en dan kan ek deur die week weer aangaan met my ander artikels.  Die nuwe projek is n sak uit die nuwe hekelboek wat ek gekoop het genaamd "cute and easy crochet".



Mooi ne'!!!!?
Ek is gek oor die boek en wil ALS in die boek hekel! Ek het wol wat ek 6jaar gelede al gekoop het en verskye artikels al van gemaak het, wat toevallig presies dieselfde kleur is as die wol wat hul in die boek gebruik het. Dit is 'n baie maklike patroon en ek vorder vinnig.



Ons kuier bietjie op die plaas, so hier sit rustig onder die groot doringboom en hekel terwyl manlief vir ons 'n vleisie braai. Salig, kan mens vir meer vra?!...


Aangesien dit dik chunky wol is en ek 'n 8mm naald gebruik, vorder ek vinnig. Die patroon stel 9mm voor, maar vir my dikte wol het ek die 8mm verkies.


Time well spend!!!! Mooi saterdag vir ieder een.

No comments:

Post a Comment