Tuesday 31 March 2015

Totsiens Mandala

Ek dink dis hier waar My en die Mandala Se padjie eindig. 
Ek Sal forever and a day aangaan met " net nog n rondte, net nog n rondte..."  
So Ek moet nou stop 😄
Hierdie gaan my laaste rondte wees ( regtig) Dan gaan Ek n randjie hekel. 




Maar dit was nie te min Baie joy gewees 


Monday 30 March 2015

Mandala

Ek is versot verby op my mandala wat ek  besig is om te hekel.
Ek het nie n patroon nie, hekel hom sommer uit my kop uit. Dit is die lekker van mandala's



Ek probeer wel n diagram optrek soos ek vorder...


As mens eers begin....

Dan is dit Baie moeilik om op te hou...

Net nog n rondte en nog n rondte....


Waar gaan hy eindig? ... Ek weet nie, net nog n rondte Dan Sal Ek sien....

Sunday 29 March 2015

Amper vakansie...!!!!

Met die skole wat vandag sluit is daar sommer n opgewondenheid in die lug. 

Dit is n pragtige oggend hier op my stoep en ons waardeer die koel luggie vanoggend. Dit raak maar warm hier, so die tyd van die jaar is die weer vir my heerlik. 




Ek is besig om vraestelle te merk van my Bybelskool studente. Ek wil als afgehandel kry voor Ons vrydag met vakansie gaan. 
Nog Baie voorbereidings en inpak wat nog gedoen moet word, maar d opgewondenheid loop hoog om vir n week lank Wes Kaap toe te gaan.
Ek beplan net rus, rus en nogmaals rus en Dan natuurlik hope hekeltydjies....😊

Vroeg oggend op die strand

Dis n heerlike oggend op Langebaan Se strand...



Om strand langs te stap en skulpies op te tel Bly n hoogtepunt 

Son, see en hekel....

Ek het n heerlike tydjie by die see. 
Mooi weer, pragtige uitsig, Baie hekeltydjies...
Kom Ek wys julle....








Monday 23 March 2015

Terugblink

Ek wys graag wat van die blokkie a geword het wat Ek verlede jaar in d kente gehekel het. 



Ek kon nie nog van dieselfde kleur wol kry nie, so ek het toe iets anders met die blokkies gedoen as wat Ek aanvalklik beplan het. 
Ek het n bolero gemaak en die blokkies met wit om gehekel. 


Ek is Baie tevrede met die resultaat. 


Sunday 22 March 2015

Nuwe week

Dit is mos hoe n Maandag oggend moet begin...



Daar is Baie beplanning en n Lang to-do list wat op my wag hierdie week, daarom maak Ek vanoggend n rustige tydjie op die stoep om net my voete te vind en my gedagtes te orden, anders kan dit Nogal oorweldigend voel met als wat gedoen moet word.

Gister het Ek weer bietjie aan d Stoeloortrekseltjie gewerk.  Ek het met n 2 de Bol wol begin. Hierdie Steek "eet" jou wol vinnig op. Die grys is dus die 2de 50g wat Ek gaan gebruik. 


Mooi Maandag 🎀🎀

Friday 20 March 2015

Stoeloortrekseltjie

Gisteraand het Ek n mooi Bol wol gevat en rondgespeel met idees vir n stoel oortrekseltjie.

Hier is my vordering...



Nou weer so bietjie daaraan gewerk


Die kleure lyk vir my so mooi en kleurvolle, net die regte medisyne aan die einde van n besige week

Wednesday 18 March 2015

Vroegoggend op die stoep

Die lekkerste plek vroeg in die oggend is op my stoep. Ek het n lekker groot houttafel waar Ek al my goedjies kan uitpak, reg vir my om dit te geniet.


Vanoggend is dit my NKJ Spirit Filled Bible wat saam met my op d stoep kuier..


Asook my wolle... 
Gaan n blokkie of 2 hekel voor Ek kantoor toe moet gaan. Ek is besig met die "cowl" wat ek in n bylaag van Simply Crochet gekry het. 


En om dit als af te rond, n koppie white chocolate cuppachino natuurlik....

Nuut elke more

Die Woord Se sy genade is elke more nuut. Dankie tog daarvoor, want mens het elke dag nuwe voorraad genade nodig. 
Elke dag is n nuwe geleentheid en ek is so dankbaar daarvoor, want dit beteken Ek kan net die "blog" drade optel waar Ek dit verlede jaar Augustus gelos het en van vandag af weer aangaan. 
Die mooi van die lewe is elke dag daar vir Elkeen wat kies om dit te sien. Ek kies om d mooi te sien. 

Mooi wol en n nuwe patroonsteek - seedstitch...


Die son wat op die water weerkaats...

Pragtige natuur...

Bederfies vir vriendinne...

Bloukop koggelmander

Mens kan nooit genoeg van mooi hekelpatrone en kleurvolle wol kry nie...

....