Saturday 31 December 2011

n Dag van oordenking en vooruitsig

Wat n jaar,nie een wat ek sommer weer sal wil he' nie,maar een wat ek besluit het ek nie oor gaan spyt wees nie. Ek het vanoggend gesit en bietjie gedagte en gevoelens oor die jaar vasgepen in my joernaal. Ek het myself voorgeneem om net die positiewe en die goeie van die jaar neer te skryf en die lesse wat ek daaruit kan en moes leer te bepeins en te fokus op die groei wat in die moeilike tye plaasgevind het. Ekt erens gelees, - wanneer daar net sonskyn dae is en geen donderstorms nie dan vorm n woestyn...
Die donderstorms in ons lewens is nodig sodat daar groei kan plaasvind.

Tuesday 13 December 2011

Uitspantyd geselsie

Jippy, dis vakansie! Ok, nou al n week lank, maar dit begin nou eers regtig "insink". Die lekkerste deel is die laatslaap. Dis so lekker om nog bietjie in slaapklere ( my gunsteling klere moet ek erken) rond te drentel en dan rustig ontbyt te eet, meskien buite onder die boom n teetjie te drink, dan die blomme nat te gooi en dan te gaan aantrek. Die rustiger pas van vakansie is goed vir die siel! Ek sover tot n tydjie gehad om n storieboek te lees. Tussendeur smokkel ek n hekelstekie of 2 ook darm in. Ek werk redelik getrou aan grootman se kombers en het al n hele paar VLU-rosies gehekel. Het ek vertel van die Cath Kidston hekelblik wat ek bestel het? Kyk bietjie hoe mooi.




So mooi en handig.
Verder is dit maar die gewone huislike rotiene en dinge. Ek het n hele paar mooi patrone wat ek brand om mee te begin - gister in my nuwe Crochet today gesien- maar ek gaan mooi soet wees en sorg dat ek eers klaarmaak waarmee ek besig is. Elk geval met kersfees op hande sal dit wys wees om eerder volgende jaar met nuwe projekte te begin aangesien ek tussendeur met n paar kersfees-projekte besig is. Niks groots nie, paar gehekelde sakkies maar ek sal dit later wys.
Sterkte met al die fees voorbereidings. Geseende dag.

Friday 25 November 2011

Miniatuur vlaggie verliefdheid!!!

Donderdag toe het ek die nuwe IDEES gekoop en daarin hierdie oulike klein gehekelde vlaggies gesien, man dit was love at first sight! Ek het dadelik n hekelnaald en oorskiet wol van my Josef kombers nader getrek en begin hekel.  En toe ek eers begin toe kan ek nie ophou nie.  Laat ek jou vertel ek sal meters en meters van die vlaggies hekel ha-ha!!!
Eerste was die rooies


Hulle hang nou in my sitkamer.

Toe volg bloues.


En hulle is nou in my seuntjie se kamer as versiering teen sy deur.



Toe (ja, ek het gese' ek kon net nie ophou nie!) volg pienkes


Hulle hang nou in my dogtertjie se kamer al teen haar muskietnet af - ongelukkig nog nie mooi foto van dit nie.
En nou is ek besig met vlaggies wat ek as versiering om die kersboom gaan hang, en ek waarborg jou dit gaan nie die einde van die vlaggies wees nie, ekt nog baie planne met hierdie nuutgevonde vriendjies van my....

Baie mooi saterdag vir almal.

Kombers Ta-da

Ek het Oktober al hierdie kombersie vir ouma klaargemaak toe sy by ons kom kuier het, maar o wee, die tyd om foto's op te sit en n kletsie in te kry het ek net nie gehad nie. Maar hier het ek nou n tydjie om bietjie te deel waarmee ek bedrywig was.









Ek het besluit om die kombersie bietjie te verfyn deur n ou mooi skulprandjie wat n picot tussen in het om te hekel. Mooi ne'.


So hier is ouma Issie met haar kombersie wat die komende winter haar bene teen die koue gaan beskerm.


Na ek met die kombersie klaar was, was ek lus om bietjie met ietsie vir myself te begin. Ek het besluit om n somerjassie vir my te hekel en het op elle premier se katoen garing besluit.


Hier is n sneak peak van die eerste paar rondtes. Eks al redelik ver maar nog nie kans gehad om foto's te neem nie.





Goed volgende op die lys is die Noag en die Ark kombers. Wat jammer om te se' baaaiiiieee stadig vorder. Weereens spandeer ek nie soveel tyd soos wat ek graag sou wou aan hom, maar ek is van plan om te begin om elke dag ten minste 2 rye te hekel - klink na n goeie plan ne'!!





Goed dit lyk of ek nou min of meer op datum is!! Ha-ha! Geseende naweek.

Sunday 23 October 2011

Heerlike bederf

Die afgelope week het ek sommer 2 keer n lekker bederf gekry. Eerstens het d nuwe Molly makes uitgekom! Jippie! Kon nie wag nie, brand al om die sappige wortels en ertjies op die voorbeeld te hekel nie. En dan het die nuwe hekelboek wat ek bestel het ook gekom. Sjoe en is daar nou nie n magdom patrone in nie, ek gaan nie weet met watter een om te begin nie!



Die naweek het ek vir die eerste keer n ronde gebreide lappie probeer. Vier naalde is nodig hiervoor en dit het maar mooi kophou geverg. Ek het al in die verlede kuise met 5 naalde gebrei, maar die ronde lappie was n heel nuwe uitdaging.
Ons het n heel rustige naweek op die plaas gehad. Die kiddies het geleentheid gehad om die dag oue kalfies te vryf.




En ekt foto's geneem van die fynste groen waterplantjies.
En so kom n naweek ook al weer tot n einde. Kreatiewe week word ieder een toegewens.





Monday 17 October 2011

Blokkies

Ek het weer met n nuwe projek begin!! Ek weet eks eintlik besig om my "halwe projekte" klaar en minder te maak, maar hierdie projek is n uitsondering. My man se ouma kuier hier en sy wil vreeslik graag n kniekombersie he. Ouma word een van die dae 86 en hoewel dit gewoonlik die ouma's is wat vir die kleinkinders komberse hekel, is dit vir my n voorreg om vir haar een te kan hekel.
So ekt toe besluit om sommer blokkies te hekel-gaan altyd die vinnigste.


Maar ekt toe n bloutjie geloop, ekt nie genoeg van die wol gehad waarmee ek begin het nie - geen probleem ek sal n draai by die wolwinkel maak-, maar toe het hul nie van die wol wat ek nodig het nie. groot probleem aangesien en al 2 30x30cm blokke gehekel het!!! Ek moes toe maar noodgedwonge ander skakerings kies. Ek besluit toe om met die nuwe skakerings kleiner blokkies te hekel en om die 2 groot blokke vas te werk, dit beteken ek het 12 blokkies nodig.




Maar ja, toe ek klaar is met die 12 en hul netjies in n rytjie pak toe lyk hul so mooi en ek kry n ander idee. Ek sal nog 3 blokkies hekel en dan die klein blokkies gebruik vir die middelste deel van die kombers. Die 2 groot blokke sal ek dan maar in n kussingsloop omskep.
So nou dat jul weet hoe sake staan, laat ek bietjie wys hoe vorder ek.


So,ja, nou begin ek om n bree randstrook te hekel en dan sal ek dit afeindig met n mooi randjie.
Heerlike daggie verder.

Friday 7 October 2011

Naweek halo

En daar is ons al wraggies weer aan die einde van die week en ek het nog nie eers bietjie gesels nie! Wel laat ek begin deur te vertel van my uitstappie wolwinkwl toe vanoggend. Ekt nog blou wol gaan koop vir die Noag en Ark kombers. Sommer lekker groot pullskein bolle gekoop. Dit werk goedkoper uit as die kleiner bolle.
Ek wil een van die (vele) blogs wat ek lees wat ek met jul wil deel. Dit is http://cherryheart.blogspot/ Sulke oulike goedjies daar, onder andere die granny hearts.


Maak mens sommer lus om dadelik die hekelpen te gryp! Maar ek sal myself inhou, ek het nog n paar halwe projekte en dan nou die N+A kombers wat eers aandag moet kry!
Ietsie anders voor ek groet, ek het die mooi koekstaander in die week by n antieke winkel gekoop vir R30- ja jyt reg gelees!! Net R30!!! So pragtig vir my!


n Heerlike naweek vol sonskyn en vreugde vir ieder een.

Monday 3 October 2011

Overdue ta-da

Hier is n paar foto's van die Josef's kleed kombers. Ek kon nogsteeds nie geleentheid kry om mooi foto's van die kombers te neem nie, beligting is swak, maar loer maar solank.





Voorlopig is dit al ta-da foto's, maar ek sal spoedig nog opsit.
Ek gaan vandag met die Noag en die Ark kombers begin, baie opgewonde!! Wag al lankal om hom te hekel en aangesien ek die naweek een van my halwe projekte klaargemaak het, beloon ek nou myself om met n nuwe een te kan begin.
Mooi daggie verder.

Sunday 2 October 2011

Naweek bedrywighede

Ek is so trots op myself,ek het die naweek nog 1 van my "halwe projekte" klaar gemaak. Dis n bolero wat bestaan uit n aantal verskeie motiewe wat aanmekaar gehekel word. Die patroon kom uit Verena knitting Sping 2010.



Ek het my vordering afgeneem as ekstra aanmoediging om klaar te maak!!


Lig was bietjie swak vanoggend toe ek hierdie foto's geneem het, dit was bewolk en het heerlik gereen. Ek het sommer in die bed gesit en gehekel - wat is dan nou lekkerder as reen teen die ruite n warm koppie tee en n hekelnaald in die hand....



Geniet die luilekker sondag.

Tuesday 27 September 2011

Amper ta-da tyd

Ek is klaar met my Josef's kleed kombers!!!! Uiteindelik! Sjoe, hy het n tydjie geneem om klaar te kry. Maar ek het baie aan en af aan hom gehekel. Ek en die kombers het n paadjie gestap hoor. Deur als wat ek die jaar deurgegaan het met my gesondheid was die kombers maar so tussen in gewees, n rytjie hier en n rytjie daar.











Dit het my gehelp om bietjie "kontak" te hou met my hobbies terwyl ek nog nie gesond genoeg was om iets anders te doen nie. So dis vir my n groot mylpaal die dat hy nou klaar is.
Ek moet nou nog net hom bietjie regsit vir n "fotoshoot"! Sodra ek kansie kry sal ek foto's neem van die reus! Moet eers mooi dink hoe en waar ek hom gaan sit sodat ek hom in sy geheel kan afneem.

Dan n ander ding. Jul wonder seker wat het van die naweek projekte geword, wel hul sal terugkeer, ek is tans net eers besig om eers die "halwe" goed klaar te hekel. Mens begin mos soms met n ding, en dan is die entoesiasme later nie meer daar nie! En dan begin dit op die rak le en stof vergader, so ekt besluit om dit eers te voltooi.
Ek is darm besig met ander hekelwerkies bo en behalwe die halwe projekte. Ek is besig met die vlu-rosies, trek darm nou al by 13.....het ek al genoem ek moet 130 maak!!! Ha-ha. Nou ja, dit beteken ek het nie tyd om verder te klets nie, die hekelnaald wag.
Mooi geseende daggie


Monday 26 September 2011

Book of Remembrance

Ek lees so mooi gedeelte vandag in die Living Bible, wat daar gepraat word van God se Book of Remembrance-en dit het my so geraak. Dit het my laat dink aan my blog wat ook maar n tipe dagboek/onthou boek is, waar ek al die mooi en lekker dingetjies met ander deel-met die hoop dat dit die wat hul kosbare tyd gebruik om my blog te lees sal inspireer en opgewonde sal maak oor talente, handwerk en die lewe.
"Then those who feared and loved the Lord, spoke often of Him to each other. And He had a Book of Remembrance drawn up in which He recorded the names of those who feared Him and loved to talk about Him." Mal 3:16.
Baie geseende dag vol mooi onthou vir jul.


p.s ek het in die week die hartjies gesit en hekel terwyl ek by die skool vir die kiddies gewag het



Saturday 24 September 2011

Dankbare harte

Wat n heerlike dag. Ek het d voorreg gehad om tannie Rea Uys vanoggend by ons kerk se damestee te kon ontmoet. Sjoe wat n blessing! Ek weet dat elke vrou wat daar was se lewe deur die woord wat sy gebring het geraak is. Dit was so heerlik om as vroue saam byeen te gekom het tot eer en verheerliking van ons hemelse Vader se Naam. Soveel profetiese woord het uitgegaan en die Heilige Gees se teenwoordigheid was so tasbaar.
Iets wat ek nie geweet het nie, wat tannie Rea ons meegedeel het,dit is vanjaar 2011,die Josefs-jaar, hy is die 11de seun. Dit het vir my persoonlik n spesiale betekenis gekry,want waarmee is ek besig? Ja,met my Josef's kombers!!! Dit is vir my net amazing hoe die Here sulke dinge so saam kan laat werk,sonder dat mens besef dat daar dieper betekenis is aan dinge waarmee mens besig is! Sjoe,en daar is ek heeltyd besig met n Josef's kombers in die Josef's jaar!!!
Dit is vir my so wonderlik om die konneksie tussen my handewerk en hierdie nuutgevonde inligting te kan maak.
Mag jul ook soveel vervulling in Vader se woord en jul handewerk ervaar soos wat ek vandag beleef het.


Thursday 22 September 2011

n Gewone mooi dag

Vandag gebeur niks besonders nie,normale rotiene van wasgoed was,kiddies versorg,kos maak ens. Maar ten spyte van die rotiene kan dit nogsteeds n heerlike dag wees. Mens moet dit net vir jouself lekker maak. Als wat jy doen,doen jy asof vir die Here,of dit nou voor die wasmasjien of die wasbak is waar jy jou bevind,doen die taak met n lied in jou hart. Ek probeer dit vir myself leer-dis n goeie ding om aan te leer- dit maak dat mens uit n ander oogpunt na dinge begin kyk. Dis vir my vreeslik lekker om te sit en hekel of een van my ander stokperdjies te beoefen,maar mens moet daardie selfde vreugde en lekker kry uit ander gewone dinge ook kan put. Kan nie heeltyd op n "crochet high" wees nie!! Ha-ha!! Praat ek bietjie te diep?! Ok,genoeg daarvan,wou net my nuwe siening en uitkyk op die gewone rotiene deel,meskien stem jul saam en besluit om ook jul benaderings te verander....
Om terug te kom na hekel toe, ek werk so bietjie aan my kombers se randjie,dis die laaste ry van my koning grootte Josef's kleed kombers.







So ek is redelik opgewonde dat die projek einde se kant toe staan,want ek wil graag met my knapie se Noag en die ark se kombers begin! Ek het ook vir my n nuwe blom-brooch gemaak en n armband uit die tydskrif  Mollie Makes. Eks mal oor die boek!! Loer bietjie hier.



Mooi ne'. Die voorblaaie is altyd so vreeslik mooi!!
En hier is my armband.



Maar wat vandag betref, ek gaan so tussen deur die huiswerk probeer om n paar rosies te hekel. Ek moet 130 van hulle hekel. My ma maak pofharte vir die VLU en die rosies moet bo-op die harte kom. En hoeveel vra jul het ek al gemaak?!! Ha-ha nog net 4.... So ja ek het vir myself n doelwit gestel, ek moet elke dag 2 hekel.
En dit gese' beter ek groet en gaan begin hekel!!!
Heerlike geseende gewone daggie vir ieder een.

Saturday 17 September 2011

Inspirasie uit die verlede vir die hede

Ek sit vanoggend en blaai deur n hekelboek wat in 1946 gedruk is- ek is mal oor vintage patrone-. Ek lees toe die volgende oor die geskiedenis vn hekel en dit was so boeiend dat ek besluit het om dit met jul te deel. Dit kom uit "The Complete Book of Crochet" deur Elizabeth L. Mathieson. History of Crochet. Today,when crochet is enjoying such unprecedented vogue, it is doubly interesting to delve into its past and discover that what once helped save a nation from starvation became the accomplishment of queens.

 By curious irony, though its history dates back to the sixteenth century, crochet only came into its own with the birth of the machine age and has been growing in popularity ever since. The word itself is derived from the French croche, meaning hook. Originally the crochet hook was one of a number of tools used in the intricate process of lace making. As time went on, a repertoire of stitches ans designs evolved, and crocheting graduated into a seperate and pleasurable art. In the beginning it was almost entirely a convent art,classified with other types of handiwork under the general heading of nuns' work. It took a famine-the great Irish Famine of 1846-to give crochet its greatest impetus.

 At that time nuns taught it to their pupils and the proceeds derived from the sales of crocheted articles helped alleviate existing miseries. It was then that it became,along with playing the harpsichord,ine of the graceful accomplishments of the well-born young lady. Fascinating and versatile,crochet has become one of our best-loved handicrafts. With hook and thread agile fingers are capable of producing an endless variety of beautiful modern and traditional designs,each with its own special charm. Probably one of the loveliest is known as Irish Crochet,famous as far back as 1743 when Royal Dublin Society awarded prizes for outstanding examples of the art. During the famine it became more generally popular when rare patterns of old lace were so skillfully copied by the Irish girls.

Crochet owes its widespread appeal to the fact that it is easy to do and lends itself to so many delightfull interpretation. The simplicity and adaptability of the basic stitches tempt the novice to try her hand and challenge the expert to outdo herself. This art offers a wide latitude of choice: Laces, delicate as cobwebs for tablecloths and doilies, other more suitable for curtains and bedspreads...rugs and afhgans in glowing colors in which texture and design are artfully blended...all of which spell beauty and utility for every home. Crochet knows the fashionable graces too, how a crocheted hat and bag can "dress up" a costume,how a lacy cocktail sweater can "make" an evening.

Fashion and crochet have united to design some of the most sought-after accessories, as well as every sort of warm and beguiling beauty for the carriage trade. The machine has brought us many comforts and luxuries, but when it comes to the touch of beauty which is every women's birthright,nothing,it appears,will ever supplant the charm and inimitable loveliness of "handmade". This is especially true of crochet. There is a joy in wearing it, a subtle magic that goes into it,that the machine cannot copy or equal. That is the secret of the charm of crochet-whether it is done for profit,or as a hobby,a means of brightening a wordrobe or beautifying a home. It is a art that grows on you....

Sjoe omtrent n mondvol, maar dit het my so geboei!

Ek het verlede winter hierdie "wrist warmers" vir die kiddies hekel.


O,ja, en n paar vir myself ook!!!




Wednesday 14 September 2011

"Leef jou eie potensiaal" Ek sit en lees die nuwe Leef tydskrif en lees toe hierdie sinnetjie raak,en dit is so waar. So baie van ons het soveel potensiaal maar ons leef dit nie uit nie. Ons potensiaal is Godgegewe, dis ons "werk" om dit uit te leef,te gebruik,ten volle te benut. Kom ons stof daai potensiaal geskenkpakkie van ons wat Vader gegee het,maar op die rak le bietjie af en leef ons potensiaal uit!!!!! Net n gedagte wat ek wou deel. Mooi daggie


Heerlike (massiewe) aarbeie is op die spyskaart!!!!

Ek moet darm so bietjie hekelwerk ook tussen al die geklets inbring....
Hier is goedjies wat ek verlede jaar gemaak het.



                                          Kussings wat sy tuiste in knapie se kamer gekry het.


Teemussie wat ek vir n winkel gehekel het