Friday 7 October 2011

Naweek halo

En daar is ons al wraggies weer aan die einde van die week en ek het nog nie eers bietjie gesels nie! Wel laat ek begin deur te vertel van my uitstappie wolwinkwl toe vanoggend. Ekt nog blou wol gaan koop vir die Noag en Ark kombers. Sommer lekker groot pullskein bolle gekoop. Dit werk goedkoper uit as die kleiner bolle.
Ek wil een van die (vele) blogs wat ek lees wat ek met jul wil deel. Dit is http://cherryheart.blogspot/ Sulke oulike goedjies daar, onder andere die granny hearts.


Maak mens sommer lus om dadelik die hekelpen te gryp! Maar ek sal myself inhou, ek het nog n paar halwe projekte en dan nou die N+A kombers wat eers aandag moet kry!
Ietsie anders voor ek groet, ek het die mooi koekstaander in die week by n antieke winkel gekoop vir R30- ja jyt reg gelees!! Net R30!!! So pragtig vir my!


n Heerlike naweek vol sonskyn en vreugde vir ieder een.

No comments:

Post a Comment