Sunday 10 August 2014

Lente is om die draai

Lente, wat 'n wonderlike vooruitsig is dit nie.  Die winter begin nou stadig maar seker einde se kant toe staan en ek kan nie wag dat die somer aanbreek nie, sodat ek weer vroegoggend op die stoep kan sit en hekel!!!!

Ek is besig met 'n hele paar projekte.  Hier is 'n kykie na ietsie waarmee ek besig is - maar toe raak die wol klaar....Ek het so gehoop ek gaan al die blokkies kan hekel met die wol wat ek het, maar nou sal ek moet wag tot ek weer in Krugersdorp by die wolwinkel kan uitkom.

Maar nie te min, kyk hoe mooi







(Ek het besluit om nie die keer weer aan te gaan oor hoe lanklaas ek iets opgesit het nie.  As ek tydjie kry om iets op te sit dan doen ek, as ek nie tyd kry nie dan is dit nou maar ook so...)

Mag dit 'n vreugdevolle, kreatiewe week vir almal wees.
Blessings