Friday 22 April 2016

Nostalgie

Vir die eertse keer in baie maande gaan google ek toe mos weer bietjie my eie blog (ha-ha). 

Dit is nie ñ geval van "video killed the radio star" nie, maar eerder "Instagram killed the blogger wanna be!!" (ha-ha).
Maar wat kan ek sê, ek het finaal besef ek is meer ñ Instagram meisie as ñ blog meisie 😄

Maar nie te min, hoe geniet ek toe nou nie om my eie blog posts te lees en al die foto's te bekyk nie. 💕

Ek begin toe ook weer wonder oor die handjie vol artikels wat ek jare gelede onder die naam "monli" gemaak en verkoop het. Ek het dit nooit regtig ernstig en voltyds gedoen nie, want daar was altyd ñ ander gehekelde artikel (meeste van die tyd geskenke) waarmee ek besig was). 

En omdat ek van nature ñ "giver" is geniet ek dit meer om geskenke te hekel en weg te gee as om op bestelling te hekel...

Maar dit gebeur toe nou so dat iemand my gister vra hoekom ek nie goed maak en verkoop nie? 

Dit het my weer aan die dink gesit... Meskien is dit tyd om "monli" van die rak af te haal en af te stof en bietjie op te jazz???...




Be Blessed 

Saturday 19 September 2015

T-shirt yarn rug

Besig om ñ mat vir die badkamer te hekel. Meeste van die tyd word die matte in die rondte gehekel. Daarom het ek besluit om bietjie iets anders te doen en ñ Giant Granny Rug te hekel 




Dit gaan maar stadig want die groot hekelnaad en dik t-yarn maak mens se hand moeg. So ek maak maar ñ blokkie op ñ slag en doen dan eers my hande ñ ruskans gee. 

Gaan tog probeer om hom die naweek klaar te maak. 

Blessings 

Tuesday 28 July 2015

Vergete blokkies

Ek het verlede week op blokkies afgekom wat Ek nie eers kon onthou wanneer en waarvoor Ek dit gehekel het nie



Ek besluit toe maar om maar nog n Rondte of 2 te hekel


Dit Val my toe by Ek het so 2 jaar gelede handsakke gehekel en dat die blokkies eintlik vir n handsak bedoel was en daarom dat hul ook nie baie groot is nie. 


Verdere bepeinsing oor die blokkies laat my toe besluit om dit heelwat grooter te hekel en n kombers van dit te maak.  Om komberse te hekel bly steeds een van my lekkerste hekelprojekte. 


Ek het sommer so sonder om n patroon te gebruik my eie kreatiewe breinkrag ingespan en my eie blokkie ontwerp. 


Die kombers het elke dag grooter gegroei en ek baie tevrede met hoe hy vorder 


Die voorstel van n kombers hekel, is dat later hou Hy jou sommer warm ook 😀


En hier is hy. Nog nie klaar vir n regte ta-da oomblik nie, maar Ek kon nie wag om dit te deel nie. 
Nou Moet Ek nog net n randjie omhekel en Dan is Hy gereed om die koue wat aan die kom is te verdryf. 
Hy pas perfek op n enkelbed. 
Blessings

Monday 20 July 2015

Soveel projekte...

Hier is waarmee ek myself die afgelope tyd besig gehou het


ñ "Cowl" vir blue eye boy 


...ñ patroon getoets brei vir ñ oorsese ontwerper...


....nog handskoene vir die liefdevolle hande projek....


...en nog (baie) handskoene.....


...ek het jonge dame se T-shirt yarn mat klaargemaak....


...nog ñ cowl...


...ñ kombers vir die jonge dame....


...ñ projek wat ek losgetrek het, se wolle opgerol en weer met ñ ander projek begin...die keer ñ warmwater sak se oortreksel....


....nog ñ kombers ( ek is versot daarop om komberse te maak). Oor die een sal ek later bietjie meer vertel....


...en nou is ek besig om die finale rondtes van hierdie kombers te hekel... 


Nog paar ander goed ook wat wk nog nie van foto's geneem het nie. 
Intussen het ek Instagram ontdek en heeltemal verslaaf daaraan geraak, dit is ook vir my ñ beter "fit", ek het verlief daarmee geneem dat ek nie blogger materiaal is nie, maar floreer op Instagram. Soos hulle sê, "found my sweet spot", maar ek sal nie opgee met blogger nie, maar moet maar nie te veel verwag nie :) :) 

Blessings 

Friday 19 June 2015

Free quick Mitten pattern

Hierdie jaar is die winter vir my verseker kouer as die vorige jaar. My hande en neus se punt is yskoud... ha-ha...

Die gevolg was dat ek gou-gou vir my handskoene moes maak wat warm genoeg is, maar wat ek nogsteeds dinge mee kan doen. 

Die antwoord "fingerless mittens"


Ek het nie n patroon gehad vir dit nie, maar wel n idee in my kop gehad. 

Dit is hoe my idee uitgedraai het....


Hier is my vinnige "winter-raakvatters" patroon :

Winter-raakvatters

6mm naalde
chunky wol / katoen

Stel 25 steke op. 
Brei al die steke Regs / plain tot aan die einde van die ry. 
Brei al die rye Regs/ plain totdat daar 18 riffeltjies is. 
Heg af. 

Vou die blokkie in die helfte en begin vaswerk. (Omtrent so 10cm - maar meet volgens jou hand en bepaal die posisie van jou duim. 
Slaan +/-  6 steke oor en begin dan die res van die naat toewerk. 

En daar het jy jou vinnige winter-raakvatters!!!! 
Ek beplan om my nog bietjie op te jazz deur dit te versier / op dit te borduur...

Nou moet ek net nog n oplossing vir due koue neus kry.... 

Tuesday 9 June 2015

Pure Joy

Ek het vir my Maaike Van Koert - skrywer van die blog Crejjtion - se boek bestel. En vandag toe wag hy vir my in die pos!! Nodeloos om te se ek was sommer uit my vel uit!!!!



Die foto is sommer so langs die krieketveld geneem - ek het oppad na die skooltoe by die poskantoor gestop, so kon nie wag tot by die huis om die pakkie oop te maak nie en het sommer so al sittende op die paviljoen foto's geneem en vir almal wat wou sien en dalk nie eers wou sien nie, foto's gestuur!!! 


Die boek was so mooi verpak en toegedraai ek wou hom amper nie eers oopmaak nie! Maar het toe baie versigtig hom oopgemaak. Mooiste patrone in. 
En ja , ek het natuurlik sommer dadelik ietsie uit die boek uit gehekel toe ek by die huis kom.

Kyk net hoe mooi.
Het Moya-Yarn gebruik om die artikel te maak. 

Heerlike hekeldrome vir almal.
Blessings. 


Monday 1 June 2015

Ontspan...Relaxing

Na n besige oggend is dit tyd om nou eers bietjie op die stoep te sit en rus. het met n breipatroon begin - regtig lank laas gebrei, so geniet dit sommer baie 



Dit is n patroontjie wat ek op pinterest raakgeloop het van Littleturtleknits met die naam "Swing Thing". Ek brei hom vir my dogter ( wat ouer is as 4...) die patroon is net tot en met 4 jarige ouderdom, maar ek gebruik 2 DK stringe wol en dikker naalde, so bietjie aan die steke / patroon ook aangepas sodat dit vir haar sal pas. 
xx