Sunday 12 August 2012

Handsakke vir die Woekertafel

Ons kerk het n woekertafel - dit behels dat daar vir jou R50 vir jou gegee word waarmee jy moet woeker. Ek het wol gekoop waarmee ek handsakke hekel wat ek dan by die woekertafel gaan verkoop. Hierdie een moet nog vasgewerk word....



Ek is al verder met die een, hy moet nog net handvatsels en n voering kry




Die patroon is van RedHeart en is oorspronklik vir n kombers met die naam pockey-dots-throw gebruik, maar toe sien ek op  Karin se blog hoe sy die blokkie vir n kussing gebruik het en toe besluit ek dit is net die regte blokkie vir die handsakke wat ek wil hekel.
Stuur gerus foto's van artikels wat jul met die blokkie gaan maak.
Geseende week vir almal.
xxxx

n Bietjie terugvoer

Goeiedag aan ieder een. Sjoe ons kry koud hoor, ons is nie gewoond aan sulke koue weer nie, so ons vat dit nie goed nie (ha-ha). My vingers is yskoud hier waar ek sit en tik, maar nie te min ek gaan jul gou so bietjie op hoogte bring met van my projekte

Eerstens is dit Coco - Sjoe lang overdue foto - maar hier is hy. My dogtertjie het haar al op gespeel


Ek kon nie blou kat ogies in die hande kry nie, so Coco moet maar tevrede wees met bruin ogies....

Tweedens is die granny squares wat ek hekel soos ek n tydjie in die aand kry
So lyk hy nou



Met die dat dit so koud is sit ons nie in die aande en tv kyk nie (en dis mos eintlik die kombers se hekeltydjie) ons gaan klim eerder in die warm bed, so die kombers word afgeskeep.

Kom ek beweeg aan.....
Volgende op die lys is die blaarstroke uit Molie Makes (wat ek n baie swak beligte foto van opgesit het - jammer) Ek is klaar met hulle


Ek gaan hul later gebruik vir n geskenk wat ek in gedagte het vir n vriendins, so kan nog nie nou met jul my idee deel nie (ha-ha)

Laastens n vinnige loer na my granny ripple


En dit is genoeg catch-up vir een dag dink ek.
Baie geseende en rustige dag verder.

Monday 6 August 2012

Granny Ripple

Hierdie naweek het ek nie so baie tyd aan my kombers spandeer soos wat ek graag sou wou nie, maar hy is darm 2 rye verder......




Die nuwe kleurvolgorde waarmee ek begin het (ja ek het die kombers weer van voor af begin, want die kleure het nie vir my reg gevloei nie) , werk nou beter vir my.




Die zig-zag patroon is nou vir my duideliker sigbaar.
Eks nog bietjie besig om hier en daar goedjies reg te skuif en plekkie te kry ( het 2weke gelede getrek,vir die wat dit gemis het)  Maar ons is soooooo gelukkig in die nuwe huis, dis nou voorwaar n seen.  Ons het n heerlike groot stoep wat lekker sonnig is, ek spandeer meeste van my "vryetyd" daar. So heerlik , salig. Ek dink juis dis tyd vir n koppie teetjie op die stoep, so laat ek my wolle kry en die sonnetjie gaan opsoek.
Lieflike geseende dag
xxxx

Wednesday 1 August 2012

Long time no see....

Sjoe , wat n bedrywige tydjie was dit nie. So jammer ek het nie so gereeld ingeloer en met jul my daaglikse dingetjies gedeel nie. Ons het pas na n nuwe huis verhuis - en ja, need I say more - . Soos jul kan dink was ek so besig met inpak en toe die aanry en weer die uitpak en elke dingetjie op sy plek kry, dat ek net nie by blogland kon uitkom nie.
Ek het darm gesorg dat ek tydjies maak vir n stukkie hekelwerkie. Ek het die pers neckruffle klaar gemaak vir n vriendin en toe vir my ook een gehekel. Eks nog besig om aan die groen granny Squares te hekel ( maar dit is n "voor die tv in die aand" projek en vorder stadig, want ekt deesdae nie tyd vir tv kyk nie) .

Ek het ook die lieflike blaar patroon in Mollie Makes uit probeer en geniet dit om die blare te hekel
(skuurs foto is in die aand geneem, so hys nie mooi duidelik nie, sal binnekort n duideliker 1 opsit)





Gister het ek begin met n granny ripple, sal nog foto's neem en vir jul more wys.
Nou ja, dit was nou net n vinnige halo, net om so bietjie op hoogte van sake te kom, maar more gesels ek verder en sal dan ook nog foto's en allerhande lekker hekelgoodies met julle deel.
xxxx