Friday 2 May 2014

Hi daar, onthou my...?

4 Maande laas iets "gepost", ai, hoekom is dit so moeilik ? Soveel goeie voornemens om gereeld te blog, maar ja, dan gebeur die lewe -life happens- en voor ek weet is daar 4 maande verby. Maar ek het besluit skuldig voel is nie meer 'n opsie nie.  Dis veronderstel om 'n uitlaatklep te wees en lekker te wees om te blog, dis nie veronderstel om skuldgevoelens te wek nie, so die slotsom is; as ek kans kry om te blog dan doen ek en as ek nie kans kry nie, wel dan is dit maar so.  (alhoewel ek nogsteeds my bes gaan probeer om tog gereeld ietsie te skryf. 

Ek lees die afgelope naweek Lucy van attic24.typepad.com se blog, so 'n wonderlike blog wat sy het en sys so getrou met haar inskrywings.  Dis altyd 'n fees om by haar blog in te loer.  Gelukkig is daar mense soos sy wat ons ander "want-to-be" bloggers inspirer om weereens die kamera en laptp nader te trek en tog maar 'n ietsie te post vir die paar getroue volgelinge. (Die wat wel my gebrabbel lees, julle is dierbaar en kosbaar).

Al het ek nou nie ge-blog nie het ek wel gehekel en kuier ek nogsteeds elke oggend saam met Sarah (verwys na vorige inskrywings aangaande Sarah). Nou laat ek sien of ek gou sommer 'n foto of 2 kan deel.



                                                 Met katoen tou 'n houer/mandjie gehekel


 
 

                                               Bedsokkies / kouse met elle gold chunky




Ek moet se ek was baie in my skik met die eindresultaat en dit het so vining gegaan om dit te hekel.

Ek het ook 'n hansak gehekel - ek het hom vandag klaar gemaak, maar het nog nie foto's van hom geneem nie.  Sal nog wys hoe hy uitgekom het.



Ek het tydens ons vakansie so 3weke gelede die mooi wol gekoop en 'n kopband en 'n paar "fingerless mittens" gebrei - weereens nog nie foto's van eindproduk geneem nie - maar geniet maar die foto van die bolletjie wol...



Daar was vele ander wollerige lekkertes gewees - te veel om nou alles te wys, maar nog so laaste enetjie is die truitjie wat ek vir 'n vriendin se pragtige poplap gehekel het.






Ek kan nie belowe om gou weer in te loer nie, maar ek sal my bes probeer...
Blessings