Sunday 26 February 2012

Naweek....




Ek het nie die naweek ñ nuwe projek aangepak nie, maar ek het genoeg gehad om my mee besig te hou. Ek het begin om ñ kussingsloop van materiaal te maak en daarna het ek my gehekelde strook met d hand aan d materiaal sloop vasgewerk. Dit is ñ baie tydrowende proses, maar dit lyk net netjieser as dit met die hand vasgewerk word. En behalwe dit was daar nie tysd vir hekel nie, kiddies het die naweek meer versorging as gewoonlik nodig gehad - een se arm is gebreek en die ander een se tand is gebreuk,so jy kan jou net indink dat die 2 glad nie hul vrolike self is nie. Maar ja hopla-di hopla-da life goes on la-la-la-la life goes on.....


Hier is al die blokkies mooi aanmekaar vasgewerk en die wolletjies weggewerk.



Ek het n sloop van materiaal gemaak en toe die blokkies vesgesteek. En nou kom die groot vaswerk.



Soos jy kan sien word stekie vir stekie vasgewerk - ek sal maar n paar pouses moet vat met die een!!!





Ek vorder....

Thursday 23 February 2012

n Lieflike dag

Goeiedag aan almal wat inloer. Ek het toe nou uiteindelik al die langbeloofde foto's opgelaai!!!  Ek het die foto's by elkeen se spesifieke inskrywing gaan bysit, so gaan maar net so entjie terug dan kan jul gaan kyk. Hier en daar kort nog n foto of 2, maar dit sal ook nog kom.
Nou maar goed, laat ons hekel gesels. Ek is klaar met al my blokkies, het dit netnou aanmekaar begin vaswerk, en ek is regtig opgewonde oor die resultaat!!! Kom laat ek jul wys.




Laat ek nou eers als netjies kry...







So, ja, dis mos nou baie beter. Al die wolletjies is weggewerk en afgeknip, kyk net hoe mooi.


Ek begin hulle nou so bietjie rondpak om te kyk hoe ek die uitleg wil he.





Ok, ek dink ek is nou tevrede, gaan nou ophou kyk en begin vashekel anders sal ek vir n ewigheid staan en rondskommel!!!!!!



Die vashekel gaan gelukkig baie vinnig



Maar ja as ek aanhou klets gaan dit nie klaar kom nie en my maag gorrr nou vreeslik hier waar ek sit. So ek groet vir eers en wens jul n mooi geseende dag toe.
xxxx

Tuesday 21 February 2012

Padlangs

Daar is ñ goudpot van hekeltyd terwyl mens erens heen ry - as jy nie nodig het om te bestuur nie bygesê!! Gelukkig is ek baie bevoorregt om passasier te wees as ek en my man na plekket toe ry. Ek het lankal ook die goedpot van tyd ontdek en gebruik dit so effektief moontlik. Gister en vandag moes ons Pretoria toe gegaan het en ekt besluit om die klein granny squares te hekel uit die boek - cute and easy crochet-. Ek het al genoem dat ek dit graag wil hekel,maar nie soos in die boek ñ hele kombers nie, net ñ kussingslopie is reg vir my. So, ek het toe my wolletjies saamgevat en baie bly om te kan rapporteer dat ek klaar is met al my blokkies! Skuus kan nogsteeds nie foto's op blog laai nie,maar behoort binne die volgende dag of 2 foto's van al die nuwe goedjies op te kan sit.
Heerlike dag vir almal verder.
P.s Sharlene dankie vir jou kommentaar ek gaan nog terugkom na jou toe in verband met die patroon.

Monday 20 February 2012

Tweet-tweet,tjirp-tjirp

Goeiedag al julle pragtige mensies. Alweer is die naweek verby! Naweke is heeltemal te kort! Ek het n heerlike naweek gehad,ons was saterdag oggend Jasmyn toe, het die heerlikste vars groente en vrugte daar gekoop, ñ smaaklike middagete geeet en daarna rustige deur hul boekwinkel gestap. Oe, ek het die stunningste boeke gesien, kon nie besluit wat om te vat en wat om te los nie. En soos jul weet kon ek defnitief nie verby die hekelboeke loop nie. So, ekt myself bederf met die oulikste hekelboek, vol vinnige, prettige en oulike projekte om vir die kiddies te maak.
Ek het ook nie op my laat wag nie en tuis sommer dadelik met die oulikste voëltjies begin.
Gaan jul netnou wys.




Kom ek wys jul n paar van die mooi artikels wat in die boek is .....





Hierdie truitjie gaan defnitief op my "to-crochet" lysie kom!!!




Cute! Beslis vir n hempie van S hierdie vuurpyl hekel!!!



Die voeltjies het dadelik  my vingers laat begin juk, so nodeloos om te se ek het die wol en hekelnaald nader getrek.......



Verskoon die swak lig, gaan nou mooi "daglig" foto's wys.





Dit is so lekker om die oulike voeltjies te hekel, mens kan net nie ophou nie!



Ek is klaar met al 4 die voeltjies, moet nou net n raampie kry sodat ek hul kan ophang, dink dit gaan so oulik lyk in C se kamer.

Lieflike daggie verder.

Thursday 16 February 2012

Vinnige halo

Goeiedag aan al jul lieflike mense! Sjoe ek kan nie glo dis more klaar weer vrydag nie! Nie dat ek kla nie,glad nie,ek sien baie uit na die naweek om bietjie te rus! Ek het die week nie baie tyd gehad vir hekel nie,maar het darm elke dag n bietjie kruisiesteek gedoen terwyl ek by die skool vir my 2tjies sit en wag. Ek verkies om iets produktiefs te doen in die 45 / 60 minute wat ek sit en wag (moet so vroeg gaan om parkering te kan kry!!!)


Ek het netnou met n ietsie wollerigs begin. Baie kleurvol en baie oulik! Maar ek gaan jul vir eers nuskierig laat en terygkeer na my hekelnaald. Ek wys sodra ek klaar is. P.s Ek het die week net 1 ry aan S se kombers gehekel. Dit is soooooo warm en bedompig,geen mens sal dit met n kombers op die skoot kan waag nie,selfs die aande is te warm om aan die kombers te hekel, so vir eers werk ek maar aan die nuwe "ietsie".....

p.s Hier is die wollerige ietsie waaraan ek gehekel het.... Dit is n blommetjies plekmatjie wat ek uit een van die Art of Crochet uitgawes gehekel het. Dis in vreeslike bont helder kleure gehekel, maar ek het dit so na as moontlik aan die oorspronlike voorbeeld probeer maak. Ek het hom in C se kamer gesit, maar het agterna gedink ek moet hom dalk op n kussingsloop appliek...?







Die plekmatjie vorder vinnig, 1 ste blaartjie


 

2de blaartjie



3de blaartjie

4de5de 6de en 7de, blaartjie


Nou aanmekaar vaswerk en dan randjie omhekel.



Nog een rondte met groen dan is hy klaar.





En tah-dah!!!!!

Monday 13 February 2012

Tah-dah van naweek projek / of nie......

Seker gedink ekt vergeet van die naweek projek?? Het ek toe klaar gekry word daar seker gewonder? Wel ek het toe die trui klaar gemaak! Jip,en ek is heel in my skik hoe hy uitgekom het. Ek moet net bieg,ek het vanoggend eers die pante aanmekaar gewerk en al d wolletjies weggewerk.
Op die stadium het ek nog nie foto's van die voltooide trui geneem nie,beplan om vanmiddag model-model te speel en hom mooi van alle kante af te neem,en sodra ek weer "lugtyd" opgesit het (ek sit hierdie inskrywing van my black berry af op!) vir jul te wys.
P.s ek gaan n foto op facebook sit so gaan kyk gerus later daar.
Mooi dag verder.

p.s Uiteindelik kan ek vir jul die foto's wys!!!!! Geniet dit


Goed, dit was die eerste pant - voor en agterpant is dieselfde






Altwee is klaar, en ek moet se dat hierdie patroon hekel baie vinnig a.g.v die dik chunky wol en die 6mm hekelnaald.

Friday 10 February 2012

n Dag vir sop en wol!!!!

Vandag is dit heerlik bewolk. Dit was die afgelope paar dae so bedompige drukkende hitte, so dis hoekom ek se n heelrike bewolkte dag!!! Ek het n heerlike pot butternut sop op die stoof wat die huis alte heerlik laat ruik. Saam met die sop op die spyskaart is klein vetkoekies gevul met maalvleis,mmmm water my mond nou! Ek beter klaar tik dat ek n proetjie kan gaan vat.
En waar kom die wol in die prentjie sal jy vra? Wel aangesien die jassie nou afgehandel is het ek gedink enk kan myself bederf deur met n Naweek-projek te begin!!! Onthou my naweek projekkies wat ek laasjaar oor geblog het, wel, ekt gevoel dis weer tyd vir n naweek-projek. Eks net nie heeltemal seker of ek die projek in n  naweek gaan klaar kry nie, maar kom ons kyk hoe vorder ek. Hier is solank n voorsmakie van waarmee ek my die naweek gaan besig hou.......
Hierdie is my eerste proeflopie gewees. Ek wou graag die trui met hierdie wol hekel, maar het gou agter gekom dit gaan nie werk nie. Die verskillende kleure en die dikte van die wol wat nie dieselfde bly nie, maak dat die patroon en struktuur heeltemal verlore gaan, so, toe is dit maar verder in my wolkrat soek vir gepaste wol - waarvan ek ten minste 6 bolle het, aangesien die patroon 600g benodig vir my grootte.


Ek het toe op hierdie groen elle courtelle chunky afgekom wat perfek gaan werk!!




Ja, nee, dit werk en lyk baie beter as die eerste wol. Nou ja, laat ek ophou gesels en die wol nader trek, soos jy sien is hierdie n lywige naweek projek!!!!!!
Mooi geseende naweek, vol liefde, familie en sommer baie kreatiewe vreugde!!!
Alle eer aan Vader vir talente

Tweede tah-dah vir die dag

Voor ek my handwerkie wys, laat ek eers se waaroor dit gaan. Toe ek die nuwe Simply knitting verlede week gekoop het, het ek dadelik geweet dat hierdie gebreide kabel mussie moet ek brei. Ek het n bol elle gold baby 4ply wat al lankal le en wag om in iets omskep te word. So, ekt toe als bymekaar gekry...



Aangesien ek nie so lank gelede bietjie oor kabels gesels het, is dit nou die ideale geleentheid om so bietjie n nuwe kabel uit te probeer. Ek het nie vreeslik foto's geneem soos ek gevorder het nie, want om die waarheid te se het die mus so vinnig en maklik gebrei, voor ek dit besef het toe is hy klaar.



Dit is n baie ongewone, maar mooi kabel, iets anders as jou gewone.
Hier is die voltooide mussie.




S met sy nuwe mus, reg vir wanneer die winter sy kop uitsteek - wat nog n hele rukkie is maar dan weet ek hy is klaar en gereed om koue oortjies warm te hou. C wou ook n beurt kry om die nuwe mus te toets, en ek dink dit is veilig om te se die mus het die toets geslaag. Hoera!!



Ons debateer nog net n bietjie of ons die pom-poms gaan maak wat op die punte moet vaskom, maar meneer is ingenome met die mus soos jy is, so ons besluit nog. Maar vir eers gaan meneer mus kas toe om te rus tot die winter kom.

Dis weer Tah-dah tyd!!!

Ek het n rukkie gelede vertel van n bolero/jassie wat ek vir my hekel. Wel hy het toe nou darm klaar gekom en ek is heel in my skik. Ek moet nou net nog n paar garings wegwerk, dan kan hy klerekas toe. Kom ek begin deur te "ra-cap" van toe ek begin het.
Ek het met elle se primier cotton Dk en n nr 5mm hekelnaald gehekel. Ek het 3 kleure gebruik om bietjie kontras te skep en ook dat ek dit by soveel moontlik klere kan aantrek.




Die jassie word al in die rondte gehekel, net soos n tafeldoek.





Die 3 kleure saam werk vir my.




En stadig maar seker groei my jassie!!!!!



Goed, armholtes is darm klaar. Nou begin dit bietjie laaaaank vat om een rondte te hekel hoor,word nou groot.
Ek het toe so besig geraak met dinge dat ek nie weer mooi foto's van my vordering geneem het nie, maar ja, hier is nog so 1 of 2 "while I'm busy" foto's en ek belowe dan kom die tah-dah!!!!



Ek het n baie liewe man wat glad nie omgee as ek hekel terwyl ons erens heen ry - en hy natuurlik bestuur nie, so ry-tyd is hekel-tyd vir my!!! Jippy. Ek sal in elk geval nooooooit net so stil kan sit vir 2 of 3 ure nie, my hande moet besig wees met my wolle, en dan nutuurlik hou ek manlief ook geselskap so tussendeur die gehekel.


Goedso, nou kan ons by die eintlike foto's uitkom wat jul wil sien.
Die eindproduk lyk so.........


Ek sal later bietjie model speel, maar vir eers het ek my dogter nader getrek om model te speel,net sodat jul n idee kry van hoe die jassie hang.




So, ja, dit was dan die eerste tah-dah van die dag. Ja, reg geraai, daar is n tweede een oppad, maar eers terug by die jassie. Sodra al die garing weggewerk is sal ek bietjie my jassie aantrek en wys.