Tuesday 31 January 2012

n Nuwe jassie vir n ou blikkie



Ek het n mielie-gereg gemaak en die blikkie mooi gewas en laat droog word om "iets" mee te doen. Nie regtig geweet wat nie, maar ek het geweet hy gaan n doel dien. En vandag is dit nou die blikkie se dag, want hy gaan met n spoggerige jassie bederf word! Ek het al in die verlede jassies vir blikkies gehekel ( met tou), maar hierdie blikkie kry vandag die "royal treatment"!!

So waarmee werk ons?


1 Suikermielie blikkie
elle pure gold DK in verskeie kleure
4mm hekelnaald

Kyk net al die mooi kleure, laat my vingers jeuk om te begin!





Oe ek kan nie genoeg kry van al die lieflike kleure nie...



Ek het 45 kettingsteke gemaak en in n glipsteek in die 1ste kettingsteek gemaak sodat dit n ring vorm. Ek het 1 ry met elke gekose kleur gehekel totdat hy lank genoeg was.
En nou is jul seker nuuskierig om die eindproduk te sien....
Nou ja hier is hy, tha-dha!!!!!



Maklik en vinnig, so ietsie klein om in n oggend te maak. 'Instant gratification"
Geseende dag.
xxxx

Monday 30 January 2012

Maklike Kabels



Die idee van kabels brei kan nogal intemiderend wees, totdat jy jou naalde en wolle vat en gaan sit en probeer, dan kom jy agter hoe maklik kabels in die werlikheid is. Ekt myself  geleer kabels brei en was nog nooit spyt dat ek my hand daaraan probeer het nie, die eindresultaat is die moeite werd. Ek sal binne kort bietjie van my kabel artikels wys, maar vir eers gaan ek jul bietjie wys hoe maklik dit is.

Kabels is basies maar net n manier van die steke so kruis dan dit in n sekere rigting draai -"twist"-. Kabels draai in verskillende rigtings afhangende van jou patroon, maar die basiese prinsiep om dit te verkry bly dieselfde.

n Kabelnaald met n kinkel in werk baie maklik. Jy kry verskei kabelnaalde op die mark, kyk maar wat vind jy en wat werk die beste vir jou. So kry jou wol, gewone reguit naalde en n kabelnaald en laat ons begin.

Goed vir die voorbeeld het ek 18 steke opgesit en 1 ry gebrei  - m.a.w die hele ry ge-"knit"
Die volgende ry het ek 7 steke aweregs (purl) gebrei, dan kom jy by die deel wat n patroon gewoonlik na sal verwys as   - C4F- dit beteken :  cable 4 front. Die "front" deel verwys na waar jou kabelnaald gaan le, aan die voorkant van jou werk in die geval, hy kan ook aan die agterkant le, afhangende die kant waarna jy jou kabel wil laat "twist".

Goed kom ons gaan aan, na jy 7 aweregs gebrei het, steek jou kabelnaald deur die volgende 2 steke op jou linkernaald soos volg



Goed, druk nou die naald verder deur, totdat die steke in die kinkel le.



Nou brei jy die volgende 2 steke op jou linkernaald, m.a.w knit 2.


Terwyl jy die 2 steke brei, le jou kabelnaald aan die voorkant -jou kant van die breiwerk-



Goed nou gaan jy jou kabelnaald vasvat en die 2 steke op hom brei - m.a.w knit 2





Altwee steke is nou gebrei, nou sit jy die kabelnaald neer, want jy gaan nou verder net wee met die gewone naalde brei.



Aweregs die 7 steke wat oorbly. Draai jou werk om vir die volgende ry. Nou gaan jy die aweregs steke regs brei en die regs steke gaan jy aweregs brei, m.a.w knit die purl en purl die knit steke. Jy gaan ook glad nie nou jou kabelnaald gebruik vir die ry nie.

 Hoeveel rye jy nou so gaan brei hang van die patroon af wat jy brei, hulle sal duidelik vir jou se as jy weer jou kabelnaald gaan gebruik. Ek het vir die maak van die saampel 3 rye gebrei - op die knit die purl en purl die knit- prinsiep en dan die vierde ry het ek weer die kabelnaald gebruik.
En daar is jou kabel!



En dit is dit, toe nie so moeilik nie! Nou is dit net oefen en jou patroon en die afkortings en verduidelikings van jou spesifieke patroon mooi lees, want daar is baie verskillende kabels, maar die basiese metode bly dieselfde.

Die agterkant van jou werk gaan so lyk as jy my patroontjie brei, maar die steke langs die kabel kan ook regs / knit gebrei word, soos ek se dit hang maar van jou patroon af.


Die hoeveelheid steke wat jy op die kabelnaald gaan glip gaan ook afhang van jou patroon, soms moet jy 4 steke op jou kabelnaald glip en 4 brei en dan weer die 4 op die kabelnaald glip dan sal jou patroon heel waarskynlik so lyk - C8F-  .  Speel rond met patrone, maak saampels van die verskillende kabels en geniet die nuwe tegniek!  Mooi geseende dag.

p.s terwyl julle rondspeel met die kabels sal ek bietjie foto's van verskillende kabels bymekaar maak en volgende keer vir jul wys. xxxxx

Sunday 29 January 2012

Liewers laat as nooit

Ek het die 18de Januarie hierdie inskrywing gedoen en sien nou eers ek het dit nooit "gepost" nie!! Ha-ha, lekker blond. Maar toemaar hier is dit nou .

Vandag het die skole weer begin, nie dat ek baie bly is daaroor nie. Ek het die vakansie heeltemal te veel geniet. Dit was heerlik met my twee kiddies heeldag by my. Maar ja, die lewe is nie een lang vakansie nie ne, so laat ons dan maar weer skouer aan die wiel sit en die nuwe jaar volstoom aanpak. Ek het dit goed gedink om bietjie al die foto's wat ek tot dusver van die granny square kombers het saam op een bladsy te sit. So geniet dit.


















Die kombers moet nog heelwat "groei", maar kan darm al n klein lyfie warm hou.


Ek het intusssen nog n paar blokke vasgehekel, sal mettertyd dit ook afneem en wys. Tot later.

Friday 27 January 2012

Almal op ñ streep

Ek het so 3jaar gelede by die hobby-x vir my n jelly-rol gekoop, dit is kwilt materiaal wat in lang stoke gesny en opgerol word. Mens kan die pragtigste blokke met dit maak, maar aangesien dit nou al so lank le het ek besluit om sommer net die stroke aanmekaar vas te werk. 


Die kleure pas vir my so mooi saam. Ek moet nou net uitkyk vir lap wat by dit pas sodat ek aan die 4 sye bree stroke kan werk, sowel as n stuk vir die agterkant.




Sal julle op hoogte hou van hoe hierdie projek vorder.
Mooi dag.

Friday 6 January 2012

Tridalia pret!!

Gister het ek alte heerlik met n bolletjie tridalia nr 5 hekelgaring, 1 spoelklip, n 3,5mm hekelnaald en 3 perelkrale "gespeel"!



 Eers het ek n rosie gehekel wat toe gegroei het tot n driehoekige lappie wat sommer gaan dien as n lappie vir my melkbekertjie.







En daarna het ek vir n spoelklip n baie fancy jassie gehekel. Ekt mos gese' ekt gesit en speel!!!









Vandag het ek so bietjie aan S se Ark kombers gewerk en laat ek jou vertel dis geen grap nou dat ek met die wit-wat die wolke is- begin het nie. Ek het altyd gedink om met swart wol te hekel is bietjie moeilik op die oog,maar die wit is tien keer erger. Die afwisseling tussen die twee bloue wat ek gebruik het,het ook darm gehelp dat dit nie te eentonig raak nie,so nou dat ek vir die oorblywende rye net heeltyd met d wit gaan moet werk maak dit baie "boring" soos S sal se'. Dit is sy nuutste geliefkoosde woord,alles behalwe visvang is "boring". Hy is n regte ou visserman,wat enige dag sy speelgoed sal inruil vir nog n vistok of nog kuns aas - hoeveel vistokke en kuns aas kan een 5jarige seuntjie nou wil he'!!!! Ha-ha!
Sal binne-kort foto's van my tridalia pret opsit. n Mooi 6de dag van die nuwe jaar vir ieder een.

Wednesday 4 January 2012

Nuwe jaar nuwe idees

Die lekker van die begin van n nuwe jaar is die nuwe "to-crochet" lysie wat ek stelselmatig in my kop maak. Verlede jaar was daar nie veel tyd of energie om kreatief te dink nie, so hierdie jaar wil ek graag bietjie meer hekelprojekte klaar kry as in 2011.
Ek sal baie sorgvuldig n paar projekte kies wat ek die jaar mag aanpak. Ek wil meer georganiseerd en geballanseerd my stokperdjies beoefen, ek kan party keer in die hitte van die kreatiewe oomblik met n nuwe projek begin en dan sit ek op die einde van die dag met soveel halwe projekte.... So beplanning en balans is die wagwoord(e) vir 2012.
Een van die projekte op my agenda is die oulik klein granny blokkies kombersie in - Cute and easy crochet-.






Die sagte skakerings is vir my baie mooi. Ek dink nie ek gaan n hele kombers hekel nie, meskien net kussingoortreksel maak om op my bed te sit.

Dan is daar die zig-zag kombers wat ek in Simply Knitting gesien het wat ek wel n kombers van sal maak, maar ook in mooi helder kleure.







Maar voor ek hierdie lekker nuwe projekte aanpak moet ek eers S se Ark kombers klaar maak. Die granny square kombers waarmee ek besig is gaan nog n rukkie vat, maar met hom is ek nie haastig nie, ek is van plan om hom baie groot te maak en sal so tussendeur aan hom werk.

Nou ja, hier waar ek in die middel van die warm bosveld sit gaan ek eers groet sodat ek my heerlike yskoue mango kan eet.
Mooi geseende dag.