Tuesday 31 January 2012

n Nuwe jassie vir n ou blikkie



Ek het n mielie-gereg gemaak en die blikkie mooi gewas en laat droog word om "iets" mee te doen. Nie regtig geweet wat nie, maar ek het geweet hy gaan n doel dien. En vandag is dit nou die blikkie se dag, want hy gaan met n spoggerige jassie bederf word! Ek het al in die verlede jassies vir blikkies gehekel ( met tou), maar hierdie blikkie kry vandag die "royal treatment"!!

So waarmee werk ons?


1 Suikermielie blikkie
elle pure gold DK in verskeie kleure
4mm hekelnaald

Kyk net al die mooi kleure, laat my vingers jeuk om te begin!





Oe ek kan nie genoeg kry van al die lieflike kleure nie...



Ek het 45 kettingsteke gemaak en in n glipsteek in die 1ste kettingsteek gemaak sodat dit n ring vorm. Ek het 1 ry met elke gekose kleur gehekel totdat hy lank genoeg was.
En nou is jul seker nuuskierig om die eindproduk te sien....
Nou ja hier is hy, tha-dha!!!!!



Maklik en vinnig, so ietsie klein om in n oggend te maak. 'Instant gratification"
Geseende dag.
xxxx

No comments:

Post a Comment