Monday 30 January 2012

Maklike Kabels



Die idee van kabels brei kan nogal intemiderend wees, totdat jy jou naalde en wolle vat en gaan sit en probeer, dan kom jy agter hoe maklik kabels in die werlikheid is. Ekt myself  geleer kabels brei en was nog nooit spyt dat ek my hand daaraan probeer het nie, die eindresultaat is die moeite werd. Ek sal binne kort bietjie van my kabel artikels wys, maar vir eers gaan ek jul bietjie wys hoe maklik dit is.

Kabels is basies maar net n manier van die steke so kruis dan dit in n sekere rigting draai -"twist"-. Kabels draai in verskillende rigtings afhangende van jou patroon, maar die basiese prinsiep om dit te verkry bly dieselfde.

n Kabelnaald met n kinkel in werk baie maklik. Jy kry verskei kabelnaalde op die mark, kyk maar wat vind jy en wat werk die beste vir jou. So kry jou wol, gewone reguit naalde en n kabelnaald en laat ons begin.

Goed vir die voorbeeld het ek 18 steke opgesit en 1 ry gebrei  - m.a.w die hele ry ge-"knit"
Die volgende ry het ek 7 steke aweregs (purl) gebrei, dan kom jy by die deel wat n patroon gewoonlik na sal verwys as   - C4F- dit beteken :  cable 4 front. Die "front" deel verwys na waar jou kabelnaald gaan le, aan die voorkant van jou werk in die geval, hy kan ook aan die agterkant le, afhangende die kant waarna jy jou kabel wil laat "twist".

Goed kom ons gaan aan, na jy 7 aweregs gebrei het, steek jou kabelnaald deur die volgende 2 steke op jou linkernaald soos volg



Goed, druk nou die naald verder deur, totdat die steke in die kinkel le.



Nou brei jy die volgende 2 steke op jou linkernaald, m.a.w knit 2.


Terwyl jy die 2 steke brei, le jou kabelnaald aan die voorkant -jou kant van die breiwerk-



Goed nou gaan jy jou kabelnaald vasvat en die 2 steke op hom brei - m.a.w knit 2





Altwee steke is nou gebrei, nou sit jy die kabelnaald neer, want jy gaan nou verder net wee met die gewone naalde brei.



Aweregs die 7 steke wat oorbly. Draai jou werk om vir die volgende ry. Nou gaan jy die aweregs steke regs brei en die regs steke gaan jy aweregs brei, m.a.w knit die purl en purl die knit steke. Jy gaan ook glad nie nou jou kabelnaald gebruik vir die ry nie.

 Hoeveel rye jy nou so gaan brei hang van die patroon af wat jy brei, hulle sal duidelik vir jou se as jy weer jou kabelnaald gaan gebruik. Ek het vir die maak van die saampel 3 rye gebrei - op die knit die purl en purl die knit- prinsiep en dan die vierde ry het ek weer die kabelnaald gebruik.
En daar is jou kabel!



En dit is dit, toe nie so moeilik nie! Nou is dit net oefen en jou patroon en die afkortings en verduidelikings van jou spesifieke patroon mooi lees, want daar is baie verskillende kabels, maar die basiese metode bly dieselfde.

Die agterkant van jou werk gaan so lyk as jy my patroontjie brei, maar die steke langs die kabel kan ook regs / knit gebrei word, soos ek se dit hang maar van jou patroon af.


Die hoeveelheid steke wat jy op die kabelnaald gaan glip gaan ook afhang van jou patroon, soms moet jy 4 steke op jou kabelnaald glip en 4 brei en dan weer die 4 op die kabelnaald glip dan sal jou patroon heel waarskynlik so lyk - C8F-  .  Speel rond met patrone, maak saampels van die verskillende kabels en geniet die nuwe tegniek!  Mooi geseende dag.

p.s terwyl julle rondspeel met die kabels sal ek bietjie foto's van verskillende kabels bymekaar maak en volgende keer vir jul wys. xxxxx

No comments:

Post a Comment