Monday 26 March 2012

Naweek tha-dha

Ek het toe darm ñ tydjie gekry om die handskoentjies "op te jazz". Dit het baie oulik uitgekom en C is mal daaroor. Ek het sommer so uit my kop uit gesit en die blommetjies en blaartjies hekel.



 
Kyk net

 





Mooi uitgekom nè. Dit het baie vinnig gegaan en ek het ñ tydjie gehad om nog ñ blik-jassie te maak, alhoewel die jassie hierdie keer sy tuiste om ñ glas houertjie gevind het. Ek gaan hom in C se kamer sit.






Sy is darm nie die enigste een aan wie ek "hekeltyd" spandeer het nie, ek het aan S se kabeltrui ook gewerk. Die trui vorder nou goed, ek is klaar met beide die voor- en agterpant, ek het met die moue begin, ek brei hul met gewone grys wol wat ek gou saterdag oggend gaan koop het.






Let op die vleeskleurige wol - ha-ha - ekt al kla ñ idee van ñ ietsie kleins wat ek met dit gaan hekel as die tyd my gegun word. My man se ouma van 86 kuier vir ñ onbepaalde tyd by ons, so my tyd is nie meer my eie nie. Dis die dat ek saterdag gedink het dis kersfees met al die vryetyd wat ek op hande gehad het!! Maar nou ja ek geniet dit maar soos dit kom want vandag het ek wee geen tyd van my eie gehad nie, die dat ek nou na 10 in die aand eers tydjie kry om so bietjie te blog. Maar ja elke dag is in elk geval net genade tyd nè, so ons moet die beste daarvan maak en elke oomblik terdeë geniet. Geseende nagrus vir almal.

Friday 23 March 2012

Naweek Projek

Liewer laat as nooit ne!!!! Ek het redelik vroeg vanogged my ah-ha oomblik vir my naweek projek gekry, maar kry nou eers kansie om dit met jul te deel.
Wel ek staan toe nou so in n winkel besig om te betaal toe ek gebreide handskoentjies by die til sien hang. En net daar toe weet ek wat my projek gaan wees, ek gaan die handskoentjies vir C koop en dan versier met gehekelde motiewe / blomme, want dit lyk maar heel vervelig......


Soos jul kan sien is daar niks "wow" omtrent die eenvoudige swart handskoentjies nie, maar vir slegs R7-99 het dit skielik vir my n baie aanloklike uitdaging geraak om hul potensiaal te ontgin!!!
So nou gaan ek bietjie tussen my wolle en garings ens grou om te kyk wat ek kan gebruik om hulle so bietjie op te kikker.
Lieflike geseende naweek vir almal.
xxx

Thursday 22 March 2012

Ontrekkingsimptome!!!!

Sjoe nog n week is so te se verby en ek kan nie regtig se dat ek iets kreatiefs gedoen het nie.... Die tyd was net nie daar nie, dink dis hoekom ek vandag hoofpyn het - ek kry ontrekkingsimptome omdat ek nie wol en naalde in my hande het nie!!!! Gelukkig is dit more naweek en ek is defnitief  van plan om n tydjie af te staan en net te sit en iets ouliks te hekel. Iets wat nie te lank vat nie, net n lekker vinnige "quick fix" vir my wol craving!!!....mmmm ek dink ek gaan solank bietjie die kreatiewe gedagtes vrye teuels gee en more dan vertel ek waarop ek besluit het.

n Rustige aandjie vir almal verder.



Monday 19 March 2012

n Hart vol kleur

More al julle pragtige mensies!





Ek vertrou jul het n heerlike naweek gehad? My naweek was baie leersaam, maar moet se dit is lekker om terug by my mense te wees. Ek het n paar goed om my lysie vir hierdie week, maar eers wil ek jul gou wys wat ek verlede week gedoen het.

 n Dierbare vriendin van my het my met n lieflike bol "wol" bederf. Mens kan dit seker nie eintlik wol noem nie, die etiket se "Twirl" en jy brei die mooiste serpe met dit. Kyk net bietjie hier....





Kyk net hoe pragtig is die kleure! Dit lyk vir my asof dit iets is wat uit die see uit kan kom......







Ek is amper klaar en dan is my serp reg om gedra te word. n Lieflike dag vir almal verder.

Friday 16 March 2012

Naweek-projek

Naand dames,skuus ek is so laat met my naweek-projek "post", maar die naweek het ek n projek van n ander aard wat ek aanpak. Ek is op n vrouekamp, waar Gretha Widd die gasspreker is. Ons is klaar met vannaand se lesings en op die oomblik le ek in die bed en tik - wat sal ons sonder tegnologie doen!!??? Nou ja, glo dit of nie, ekt nie n wol of n naald van enige aard saamgebring nie!!!! Ja baie erg vir my, maar die naweek wei ek aan Vader so ek het die wolle (en man en kinders) by die huis gelos. Eerste keer wat ek alleen op n kerk kamp gaan, so ons kyk maar hoe hou my moeder hart dit. Mag jul almal n geseende kreatiewe naweek he. Xxxx

Monday 12 March 2012

Liebster-award


Lovely Laura from Love the blue bird awarded me with the Liebster award, it's basicly for up-and coming blogs with less then 200 followers (ha-ha I don't even have 10 yet!!!) So thanks again, coming from Laura it's a honour! Now I am supposed to give the award to 5 blocks I follow that has less then 200 followers, mmmm I"ll have to go and have a look then!!
First on my list will be

Love the blue bird
Prettee Craftee




xxx


"up-date" op naweek-projek

More, more al julle pragtige mensies. Sjoe is die naweek klaar weer verby? Ek het darm gevorder met S se kabeltrui. Ongelukkig nie klaar gekry nie, nie dat ek gedink het ek sal nie, want kyk ek moes so mooi kophou met al daardie gedraaide kabel! Maar ek is darm oor die hond se stert sou ek se. Die agterpant is klaar en die voorpant begin ek nou met die uithol van die mousgate. Loer bietjie.....


Kyk net hoe mooi lyk al die kabels wat so in alle rigtings draai en swaai.




Ek is ook besonder in my skik met die wol se kleur, die skakerings van grys is vir my baie mooi en die kabels raak nie "weg" nie, soms is die kleure so oorweldigend dat die impak van die kabels heeltemal oorheers word.

Nog so een fototjie..



Goed so nou weet jul wat is op my "to-do" lysie vir die res van die week! Moet die trui klaar brei. En as hy klaar is?.....mmm jul ken my alte goed, ekt al klaar n ander patroon en wol wat vir my le en wag!!!

Ek het die wol vir C gekoop en beplan om die patroontjie uit "Little Crochet" uit vir haar te hekel



Mooi ne. Ekt op n vorige inskrywing die boek Little Crochet met jul gedeel, gaan kyk gerus na die ander foto's van die oulike truitjie.
Baie mooi geseende dag vir almal verder en hou die wolle en hekelnaald naby!!!!
xxxx




Friday 9 March 2012

Naweek-projek

My naweek-projek het eintlik verlede naweek al begin. Ek het verlede saterdag die steke vir S se kabeltrui opgesit en n ry of twee begin brei, verder as dit het ek nie gekom nie, die week was bietjie baie besig. So ek het besluit om hierdie naweek aan die trui te brei, dink nie ek gaan hom nastenby in n naweek klaar kry nie, maar die feit dat ek die naweek tyd aan hom gaan spandeer kan my n goeie
"voorsprong" gee. Maar kom dan wys ek jul eers hoe die trui en die wol lyk waarnee ek werk.


Kyk net hoe snoesig warm lyk die kabels.



Nou ja, vanmiddag het ek kansie gehad om nog so bietjie te brei. Kyk net hoe mooi is nie kleurskakerings in hierdie wol.



Ek dink vir eers is dit genoeg om jul nuskierigheid te bevredigs, so laat ek eers groet en aan die werk spring.
n Heerlike naweek wens ek jul toe.
xx



Thursday 8 March 2012

Tah-Dah

Ek is toe klaar met C se beanie, dit het heel funky uitgekom - kort net meskien n blom of twee, of dalk n mooi knoop?....... mmmm sal bietjie kyk..
Maar intussen kan jul kyk hoe snaaks C toe nou raak met die "fotosessie"!




Kyk vir mejuffrou kreukelneus...




Ha-ha_ha




Oulik met die "afdakkie", sys heel in haar skik.




Ek moet byvoeg, die mus is net betyds klaar, want vandag waai daar n onverwagse wind.
Geniet jul dag sommer vreeslik baie
xx


Tuesday 6 March 2012

The best way to start my day

Goeie more aan al jul pragtige mense! So heerlike sonskyndag vandag! Ek het toe besluit om sommer bietjie buite onder die boom te gaan sit. Dit is wat ek toe saam gevat het.......

Nommer 1 is my Joyce Meyer Amplified bybel




En nommer 2 is n lekker rooibos teetjie met hartjie skons wat ek gebak het.


Nou ja lyk dit nie na n heerlike manier om die dag te begin nie? Die beste sou ek se.  n Baie mooi dag vol vreugde en kreatiewe denke vir almal.

p.s laat ek gou net eers wys wat ek gister mee besig was - moet darm so bietjie hekel ook inkry vir die dag ne!!!!

Ek het so 2 jaar gelede vir C n kabel oortrui gebrei en die wol het toe oorgebly, so aangesien die trui nog pas het ek besluit om n beanie vir haar te hekel, dan het sy n "nuwe" stel vir die winter.







Die patroon wat ek gebruik kom uit die nuwe Crochet Today





Behoort vandag met hom klaar te maak, aangesien die kids nie vandag enige buitemuurs het nie, so ons hoef nie vanmiddag op en af te ry nie - dit beteken ekstra hekelminuut of twee vir mamma!!!
xxxx





Blommeprag



Goeiedag al julle pragtige dames, hier is vir jul almal n blom om jul dag op te vrolik. Kyk net na die pragtige skakering van pers en die vorm van die blaartjies. Die wonder van die skepping bekoor my keer op keer.
Geseende dag vir almal.
p.s more gaan ek vir jul wys waarmee ek besig is!!!

Monday 5 March 2012

Love The Blue Bird: Flower Dish Cloths...

Love The Blue Bird: Flower Dish Cloths... Ek het hierdie pragtige blog ontdek, jul moet regtig na al die stunning hekelgoedjies gaan kyk wat Laura maak !!! Ek gaan defnitief die oulike uiltjies een of ander tyd maak!!!!
Vreugdevolle dag verder vir al julle mooi mense.

Handskoene Tah-Dah

Ek het saterdag my ander vingerlose kabelhandskoen klaar gemaak. Maar laat ek eers wys waar het dit als begin...


Ek het hierdie halwe bolletjie wol oorgehad van n oortruitjie wat ek so 2 jaar gelede vir S gebrei het. Die blou en bruin skakerings pas so mooi by my wintersklere - soos denims, baadjies, bruin stewels ens dat ek toe besluit het om dit te gebruik vir die mooi patroon wat ek in die nuwe Simply Knitting gesien het.





Sommer vinnig-vinnig was die 1ste handskoen klaar. Die patroon brei regtig baie vinnig.


Pas sommer perfek!!!!



Ek kon nie wag om met die 2de een te begin nie, hierdie wol brei verskriklik lekker, kan nie die naam onthou nie, maar dit is n wol van "elle".



So hier is die tweetjies nou klaar en reg vir wanneer di winter sy kop begin uitsteek - moet se op die stadium kan ek nie daarvoor wag nie, want dit is baie warm by ons!


So ja, hier is die tah-dah dan nou. Mooi ne. Defnitief die moeite werd gewees om tyd te spandeer om hulle te brei.

Nou ja, wat is volgende vra jul........ wel ek het al klaar met die volgende projek begin!!!!! Het vrydag by hobby-x mooi wol vir die kids gekoop, so dit is al klaar op die naalde.  Sal binnekort wys wat dit is. Baie mooi geseende dag vir almal.
xxxx

Thursday 1 March 2012

Vinnige Tah-dah!

Ek het darm klaar gekry met die blokkies kussing. So hier is n vinnige paar fototjies. Sal hom later mooi laat model speel. O,ja, ek het besluit om vir hom nie n randjie te hekel nie, ek hou van hom net so......










Ek het die nuwe uitgawe van Simply Knitting gekoop, soveel mooi goed in, en die oulikste bylaag met winter breiprojekte. Ek het toe sommer dadelik die naalde en wolle uitgekry en met n patroon vir vingerlose kabelhandskoene vir my begin. Die wol is so sag en skakerings van blou, grys en bruin, regtig baie mooi. Weet die winter is nog nie in sig nie, maar aangesien dit vandag tegnies gesproke die eerste dag van herfs is, dink ek dit is heel gepas om myself met n nuwe projek op die naalde te bederf!!
n Vreugdevolle dag vol seen vir almal.