Friday 19 June 2015

Free quick Mitten pattern

Hierdie jaar is die winter vir my verseker kouer as die vorige jaar. My hande en neus se punt is yskoud... ha-ha...

Die gevolg was dat ek gou-gou vir my handskoene moes maak wat warm genoeg is, maar wat ek nogsteeds dinge mee kan doen. 

Die antwoord "fingerless mittens"


Ek het nie n patroon gehad vir dit nie, maar wel n idee in my kop gehad. 

Dit is hoe my idee uitgedraai het....


Hier is my vinnige "winter-raakvatters" patroon :

Winter-raakvatters

6mm naalde
chunky wol / katoen

Stel 25 steke op. 
Brei al die steke Regs / plain tot aan die einde van die ry. 
Brei al die rye Regs/ plain totdat daar 18 riffeltjies is. 
Heg af. 

Vou die blokkie in die helfte en begin vaswerk. (Omtrent so 10cm - maar meet volgens jou hand en bepaal die posisie van jou duim. 
Slaan +/-  6 steke oor en begin dan die res van die naat toewerk. 

En daar het jy jou vinnige winter-raakvatters!!!! 
Ek beplan om my nog bietjie op te jazz deur dit te versier / op dit te borduur...

Nou moet ek net nog n oplossing vir due koue neus kry.... 

Tuesday 9 June 2015

Pure Joy

Ek het vir my Maaike Van Koert - skrywer van die blog Crejjtion - se boek bestel. En vandag toe wag hy vir my in die pos!! Nodeloos om te se ek was sommer uit my vel uit!!!!



Die foto is sommer so langs die krieketveld geneem - ek het oppad na die skooltoe by die poskantoor gestop, so kon nie wag tot by die huis om die pakkie oop te maak nie en het sommer so al sittende op die paviljoen foto's geneem en vir almal wat wou sien en dalk nie eers wou sien nie, foto's gestuur!!! 


Die boek was so mooi verpak en toegedraai ek wou hom amper nie eers oopmaak nie! Maar het toe baie versigtig hom oopgemaak. Mooiste patrone in. 
En ja , ek het natuurlik sommer dadelik ietsie uit die boek uit gehekel toe ek by die huis kom.

Kyk net hoe mooi.
Het Moya-Yarn gebruik om die artikel te maak. 

Heerlike hekeldrome vir almal.
Blessings. 


Monday 1 June 2015

Ontspan...Relaxing

Na n besige oggend is dit tyd om nou eers bietjie op die stoep te sit en rus. het met n breipatroon begin - regtig lank laas gebrei, so geniet dit sommer baie 



Dit is n patroontjie wat ek op pinterest raakgeloop het van Littleturtleknits met die naam "Swing Thing". Ek brei hom vir my dogter ( wat ouer is as 4...) die patroon is net tot en met 4 jarige ouderdom, maar ek gebruik 2 DK stringe wol en dikker naalde, so bietjie aan die steke / patroon ook aangepas sodat dit vir haar sal pas. 
xx