Monday 30 April 2012

naweek tha-dha

Ek het die naweek nog 7 blikjassies gehekel. So ekt nou n totaal van 13. Vanoggend het ek die knope en blomme vasgewerk. Netnou toe onthou ek eers ek het nooit foto's geneem nie, so met die gevolg die foto's is baie swak belig- verskoon tog asb. Ek sal dit more afneem as die sonnetjie mooi helder skyn.
Rustige aand vir ieder een.






Friday 27 April 2012

Naweek projek

Vandag gaan ek nie met n nuwe naweek projek begin nie, ek het nog te veel goedjies waarmee ek besig is, so sal maar eers met dit klaarmaak. Ons gaan bietjie plaastoe vir die naweek, so ek het weer 4ure se hekeltyd op die pad tot my beskikking. Ek gaan maar nog artikels maak vir C se intrepeneurs dag. Sodra ek klaar is met als sal ek vir jul wys.
n Baie geseende naweek vir almal.


So ietsie (uit die verlede) om die visuele bietjie te stimmuleer.......













Monday 23 April 2012

Beanie tha-dha

Ek het 4 hoedjies klaar gemaak en dit het regtig baie oulik uitgekom. Die patroon is sommer my eie, en ek het dit goedgedink om dit een of ander tyd met jul te deel. Sal net eers tydjie moet inruim om hom mooi uit te skryf en n foto of 2 te neem, ek vind die "tutorials" soos hul in blog-land bekend staan wat foto's by het is baie makliker om te volg - so ek sal dit ook so doen. Maar laat ek eers vir jul wys...



Die eerste een het ek n mooi groot pienk roos gemaak.


Vir die pers hoedjie het ek n patroon uit Sasha Kagan se boek 'Crochet inspiration' uit gemaak.



Die pienk hoedjie het ek sommer net met n lintjie versier

 

En die laaste hoedjie met n klein fyn pienk blommetjie.
Baie mooi geseende dag en week vir julle.

Friday 20 April 2012

Naweek projek

Ek het besluit om die naweek n paar beanies te maak. n Vriendin van my het n fotografie besigheid en het my gevra om n paar oulike "props" te hekel wat sy vir die baba foto's wil gebruik.
Die wol wat ek gebruik is elle se premier 100%  dubbel draad katoen, en ek gaan mooi "dogtertjie" kleure gebruik......





Ek gaan vir die seuntjies ook beanies maak, maar hierdie naweek is dit die girls se beurt



n Baie geseende naweek vir almal. Ek groet jul tot maandag toe waar ek my tha-dha met jul deel.


Tuesday 17 April 2012

Wat is aan die naald?

Hi almal, net n vinnige inloer om jul op hoogte te hou waarmee ek bedrywig is, en ek jok nie as ek se ek is redelik bedrywig nie! Ek is besig om baba mussies ens te hekel vir n vriendin wat n fotografie besigheid het en dan is ek besig om goedjies te maak vir die intreppeneurs dag by die skool. En as ek nie besig is met dit nie, dan werk ek aan n trui vir C , o,ja en ek het ook wee so ry of 2 aan die Noag en die Ark kombers gehekel. So ja, weer te veel ysters in die vuur of laat ek eerder se, te veel hekelnaalde in wolle!!!!
Maar toemaar wat, meeste is klein projekte wat binnekort afgehandel sal wees. Kom ek wys die blokkies......




Ek gebruik n gewone grys saam met die gespikkelde wol om vir so bietjie afwisseling te sorg


n Geseende aandjie vir almal verder, mag jul kreatiwiteit geen einde ken hierdie week

Friday 13 April 2012

Liewer laat (tha-dha) as nooit !!!!

Ek kom nou met n skok agter dat ek toe nooit my laaste naweek projek se tha-dha met jul gedeel het nie!! Sorryyyyyyy.... Maar hier is hy nou



Ek is mal oor glasbotteltjies en bakkies, so die lappie kom heel handig te pas.




Hierdie lappie sal voortaan op die eetkamertafel pronk, en wie weet meskien kry hy in die toekoms n maatjie of twee.


Thursday 12 April 2012

Nog Willow blokkie vreugde

Ek het nog so paar willow blokkies gemaak. So bietjie met die kleure rondgespeel en op hierdie kombinasies besluit.



Ek gaan blokkies maak totdat al my cuddly wol klaar is, dan sal ek besluit wat ek met hulle gaan doen.





Die kleure is vir my baie mooi saam en ek kan net nie genoeg kry van hierdie lieflike wol nie


n Heerlike dag vir almal verder

Kabeltrui Tha-Dha

Ek is klaar met S se kabeltrui.



Ek het die kraag anders vasgewerk as wat die oorspronklike partroon is. Hoekom ek dit gedoen het is omdat deur die kraag so vas te werk die kraag as n polo nek ook gedrag kan word as dit met n haakspeld vasgesteek word......



Nou kan die winter maar kom, S gaan defnitief nie koud kry as hy sy kabeltrui aanhet nie.



Daarsy nog n projek klaar. jippee

Tuesday 10 April 2012

Wollerige vreugde

Ek het n foto van n pragtige blokkie gesien wat jul willow-square noem. Ek was dadelik gaande oor die blokkie en het toe begin om van die foto af die patroon te probeer uitwerk. Ek dink nie ek het te sleg gevaar nie, en is heel in my skik met hoe hy uitgekom het. Ek het so bietjie verder gespeel met my nuwe wol en n paar pynappel motiewe gemaak wat ek aanmekaar wil vashekel vir n serpie.









Fair-Isle

Ek het voor verlede week die lieflikste wol gekoop, regtig lanklaas sulke sagte wol gevoel - ek kan nie ophou om daaraan te vat nie!!!!! En die kleure is so pragtig, dit laat my aan roomys dink.......


Is dit nie die mooiste kleure saam nie? Pragtig, en ek kan nie oor die sagtheid van die wol kom nie.  Ekt in n Simply Knitting tydskrif n baie mooi Fair Isle patroon gesien, oorspronklik vir n warmwatersak patroon, maar ekt besluit om die Fair Isle patroon te brei, maar vir n heel ander projek.....



Dit gaan nie nastenby so vinnig soos hekel nie, maar die resultaat is defnitief die moeite werd.


















Die pragtige natuurskoon en n welverdiende rus

Welkom, welkom aan al julle pragtige mensies! Sjoe sooooo bly om weer terug op die lug te wees. Ons was bietjie bosveld toe en ekt my laptop se kragkabel by die huis vergeet, met die gevolg ek kon geen van my baie wollerige vreugdes met jul deel nie.  Maar nou ja nou is ek terug en nou kan ek jul wys. Ek gaan maar oor n paar verskillende posts die nuus "opdeel" sodat die verskillende projekte elk onder sy eie opskrif kan wees.
Maar eers so bietjie paasnaweek foto's




Hierdie is die Magol rivier en vorm n natuurlike grens al aan die een kant van my ouers se plaas in Limpopo provinsie.



                                                          Pragtige blou naaldekoker.


                                Hierdie is geneem vanaf n klipvormasie wat ons uitgeklim het.


                         Mens begin nou  mooi al die herfskleure in die laatmiddag son te sien.

Sunday 1 April 2012

Uiteindelik kan ek halo se vir al jul pragtige mense!!!!  Ek was bietjie afgesny van blog-land, maar hier is ek nou weer en laat ek dan sommer dadelik wegspring en jul wys waarmee ek vrydag begin het vir n naweek-projek.


Ek was bietjie lus vir fyn hekelwerk en hierdie nr8 hekelgaring wat ek het was die regte kandidaat vir wat ek in gedagte het.




Ekt besluit op n fyn doily, my fingers het al begin juk om weer bietjie met dun katoengaring te werk.  Die kleur is vir my ook heel besonders. Die patroon kom uit n "ondori" boek uit, maar hierdie een is in engels vertaal - oorspronlik is ondori boeke in japanees- maar hoekom ek van die boeke hou is die feit dat al die patrone diagramme ook by het. Deagramme werk vir my baie makliker en vinniger. Glo as jul foto van naderby bekyk sal jul die patroontjie mooi genoeg kan sien om self ook n lappie te hekel - wys my gerus as jul hom probeer het!