Wednesday 4 January 2012

Nuwe jaar nuwe idees

Die lekker van die begin van n nuwe jaar is die nuwe "to-crochet" lysie wat ek stelselmatig in my kop maak. Verlede jaar was daar nie veel tyd of energie om kreatief te dink nie, so hierdie jaar wil ek graag bietjie meer hekelprojekte klaar kry as in 2011.
Ek sal baie sorgvuldig n paar projekte kies wat ek die jaar mag aanpak. Ek wil meer georganiseerd en geballanseerd my stokperdjies beoefen, ek kan party keer in die hitte van die kreatiewe oomblik met n nuwe projek begin en dan sit ek op die einde van die dag met soveel halwe projekte.... So beplanning en balans is die wagwoord(e) vir 2012.
Een van die projekte op my agenda is die oulik klein granny blokkies kombersie in - Cute and easy crochet-.






Die sagte skakerings is vir my baie mooi. Ek dink nie ek gaan n hele kombers hekel nie, meskien net kussingoortreksel maak om op my bed te sit.

Dan is daar die zig-zag kombers wat ek in Simply Knitting gesien het wat ek wel n kombers van sal maak, maar ook in mooi helder kleure.







Maar voor ek hierdie lekker nuwe projekte aanpak moet ek eers S se Ark kombers klaar maak. Die granny square kombers waarmee ek besig is gaan nog n rukkie vat, maar met hom is ek nie haastig nie, ek is van plan om hom baie groot te maak en sal so tussendeur aan hom werk.

Nou ja, hier waar ek in die middel van die warm bosveld sit gaan ek eers groet sodat ek my heerlike yskoue mango kan eet.
Mooi geseende dag.

No comments:

Post a Comment