Saturday 23 July 2011

Lazy weekend



Hi daar al julle mooi mense, wat n heerlike sonskyndag! Dis eintllik nog veronderstel om winter te wees en glo my baie plekke in die land is nog in die ysige greep van winter, maar ons word vandag met sonskyn bederf. Ek en my kiddies sit buite en geniet die heerlike -organiese- lemoene wat ons van my ouers se plaas af saamgebring het.

Halo all you lovely people,what a wonderfull sunshine day we have,eventhough it's still winter. We've just had some lovely sweet oranges that we've picked ourselfs on my parents's farm.


Ek het ook vandag weer met nog n preemie beanie begin. Hul gaan so vinnig. Hier is my patroon vir julle wat ook iets vir jul gemeenskap wil begin doen.
Ek gebruik 4ply wol en 4mm naalde
Stel 30 steke op
Ry 1 - regs 2, aweregs 2 tot einde
Ry 2 - aweregs 2, regs 2 tot einde

Die 2 rye vorm jou "rib" patroon.
Brei 85 rye en eindig dan af.
Vou die breiwerk in die helfte en werk die 2 kantnate toe.

Daar is natuurlik ook baie ander maniere om beanies te maak, maar ek het gevind hierdie patroon werk die maklikste vir beginners.

                                    
I'm busy with another preemie beanie. As you can see..! I'm so excited about this project. I think it's time to find a suitable name for this project. Maybe the "preemie beanie project". Ha-ha!! No, something else. I'll have to think about it a bit. Any suggestions?
If any of you wants to make these beanies the pattern is as follows
4ply wool and 4mm needles
Cast on 30 sts
Row 1 - knit 2, purl 2 to end off row
Row 2 - purl 2, knit 2 toe end off row
These to rows form the rib pattern
continue until you have 85 rows then cast off and sew up sides



Nou ja mens moet tyd maak vir pret ook,so ek en my dogtertjie het besluit ons toonnaels kort bietjie kleur. Kyk net die mooie voetjies. Kan nie glo daardie voetjies stap al in die oggende by n graad 2 klassie in nie. Sjoe tyd gaan so gou verby, voel soos gister wat hierdie einste voetjies nog binne my geskop het!!



We also had a bit of girly-time. I painted my little girls nails. She were very impressed with the results and I couldn't resist taking a picture of her cute little toes.

So wat is op julle naalde? Of moet ek vra wat het julle aan die hoek? Ek het n serp wat ek Januarie begin hekel het, maar weens gesondheidsredes het ek eers onlangs weer my wolle opgevat, so die serpie moet nou klaar!! Ek het soveel ander goedjies waarmee ek wil begin, maar die serp word nou al so lank afgeskeep ek moet hom maar klaar maak. Loer bietjie na die mooi wol wat ek gebruik. Gaan mooi by my winter klerekas pas.


What's on your needles/hooks? As for my crochet,I'm busy with a little something for myself. We are currently in the midst of winter so a scarf is just the thing to crochet. I'm using yarn with the most beautiful colour variation and it will go o so well with my winter wordrope. I'm going to do a bit of crochet now. You have yourself a lovely lazy saturday!

Friday 22 July 2011

Preemie beanies

Vanoggend het ek en 2 vriendinne -Sonja en Zelna- na die staatshospitaal toe gegaan en 11 preemie beanies gaan afgee. Dit is altyd so lekker as mens in die posisie is om vir iemand ander iets te doen. En die lekkerste van als is om my liefde vir brei en hekel te kan kombineer met my liefde om vir ander iets te kan doen.


This morning me and 2 friends from church- Sonja and Zelna- went to the provincial hospital and we delivered 11 beanies. It's so great to be able to do something for someone else. I love to knit and crochet,so to be able to combine my love for my hobbies with my love for doing something for other people is just perfect.





Kyk net hoe klein is hierdie mensies.  Skaars grooter as n selfoon. So bly ons kan aan een van hul behoeftes voorsien.

Just look how tiny the little ones are!!!! Merely bigger than a
cellphone!!! I'm so glad we are able to forefull a need. Well have yourself a great weekend and keep the wool nearby!!




n Heerlike naweek vir julle almal en hou die wolle naby!!