Friday 26 August 2011

Nog merkwaardige vroue

Daar is soveel merkwaardige vroue, ek wil niemaand laat "uit" voel of uitsonder, maar n vrou wat my hierdie afgelope jaar ook vreeslik gedra het is Etrecia. Ek noem haar tannie Trish, vir sms doeleindes sommer tT. Sy is ook 'n merkwaardige vrou, wat so na aan Vader leef en dit uitleef. Al haar wyshede en insig het my so verryk en geseen.  Sy is self ook baie kreatief en het n oog vir die mooi in die lewe.  Sy kyk diep, skerp en het n manier met woorde.  Sy kan so opgewonde saam met my raak oor 'n mooi patroon of 'n nuwe bol wol!!  Ek en sy kom eintlik al n langpad saam.  Ek en haar dogter, Lize - ook 'n hartsvriendin van my- is al van standerd 1 af maats.  En ek en tT het so na aan mekaar gegroei dat sy een van my sielsgenoot-vriendinne is.  Haar liefde, tyd en omgee vir my le my na aan die hart. 'n Ware merkwaardige vrou in my lewe.



Daar is nuwe vriendinne, jare lange vriendinne, almal vroue wat ek glo Vader met 'n doel in my lewe laat kom het.  My vriendinne, dankie vir jul vriendskap en liefde, mag ons nog baie vrouedae / vrouemaande en vrouejare saam geniet en mekaar aanvul, opbou en inspireer!!!
Ek drink n koppie tee op julle, die vriendskap en die lewe!!!!


Merkwaardige vroue

Augustus maand vier ons vrouedag, dit het my laat sit en dink aan al die merkwaardige vroue in my lewe. Heel eerste is dit my ma - of moekie - soos ek haar noem. Ek het baie waardering vir haar. Sy is 'n spontane en kreatiewe mens met 'n hart vir ander mense. Sy is baie lief vir mense en geniet dit om te kuier en te onthaal. Ek het defnitief my liefde vir stokperdjies by haar gekry. Vandat ek kan onthou was sy altyd besig om iets nuuts te leer en te beoefen. Kleintyd al het sy my leer brei en naaldwerk doen. Eks haar ewig dankbaar vir die kreatiwiteit wat sy im my aangewakker het en help ontwikkel het. En die feit dat dit iets is wat ek weer ook op my beurt aan my dogtertjie kan oordra en leer is net so vervullend. Klein C kan al klaar brei en kruisiesteek doen, sy is ook baie lief vir papier, verf en teken. Sy kan die mooiste prente teken en vra jy haar wat sy eendag wil word antwoord sy dadelik sonder om te aarsel, 'n kunstenaar!  So ja, nog 'n "Spreuke vrou" in wording! Dit is tog waarna elke vrou strewe, om n vrou/eggenoot te wees waarop haar man kan trots wees - vers 11+12(ou vertaling)- 'n ma wie se kinders na haar kan opkyk en trots is op haar - vers 28- 'n vrou wat 'n verskil in die samelewing en ander mense se lewens maak - vers 20 -.  Ek glo mens moet daarna strewe om so te leef en so te probeer leef. En "after all is said and done" wat soek ons as vrouens? Ons soek presies wat vers 31 mee afsluit... "Gee vir haar die waardering wat sy verdien. Laat sy erkenning geniet in die stadspoort."


Mooi geseende daggie. P.s en bederf julself met n teetjie, meskien n soetdingetjie en defnitief n bol wol!!

Wednesday 24 August 2011

A joyful week!!!!

Hierdie week was n week vol feesvieringe. Dit was my verjaarsdag verlede week.
August is a month full of celebrations. Last week it was my birthday and my husband spoilt me so much! I had a lovely day with friends visiting and keeping me company.



My man het my so bederf met n pragtige glas koepel - wat ek al sooo lank wou gehad het! Kyk net hoe pragtig is dit. My husband spoilt me with a gorgeous glass dome - just what I wished for!!! Take a look




Gister was dit my dogtertjie se beurt, sy het 8 geword. Sy word so vinnig groot, sjoe dis eintlik scary! Ons het n heerlike dag saam met haar gehad, vol cupcakes, geskenke, maatjies en laggies. Ek het spesiaal vir haar vir haar verjaarsdag n kombers gehekel, kyk bietjie. Yesterday my little girl turned 8. I just can't believe she's growing up so quickly, it's scary!! We had a lovely day full of cupcakes, presents, friends and giggles. I crochet a blanket specialy for her birthday. Take a look






Vandag is dit weer manlief se verjaarsdag en ekt hom bederf met n Anna Davel cd. Hy is mal oor die liedjie - as jou hart regklop-. Ek dink hy gaan dit vreeslik geniet!!! Weet hy gaan die cd sommer dadelik luister as hy tuiskom! So ja, ons hou nog een strook deur partytjie. Ons het verlede naweek by my ouers gaan kuier en my ma het die heerlikste potjie gemaak. So terloops my pa het ook verlede week verjaar! Ek se mos ons hou nog die hele tyd pratytjie.
Today it's my husbands birthday, and I bought hom a cd that I know he will just love, love, love. Last weekend we visited my parents and my mom made a delicious "potjie" - it were my dad's birthday as well last week - told you it's a month full of birthdays.

So wat het geword van die wolle vra julle seker julself af! Toemaar, moenie bekommerd wees nie, die wolle was nie te ver weg nie. Ek is besig met n ietsie vir n liewe klein dogtertjie -sy gaan een van die dae haar opwagting maak -. Jul kan so bietjie loer.
So what happend to the wool and crochet hook you might ask!!??? Not to worry, the wool and hook's never to far. I am busy with a little something for a special little girl who will be born soon. You will have to wait until I'm finished to see what it's going to be, but you can have a sneak peak.....


Ek het ook verlede week so bietjie aan my strepies kombers se omranding gewerk. Ek het nog so 4 kleure wat ek mee moet omwerk dan is ek klaar. Dit is n baie groot projek gewees en daarom het ek so paar klein projekte tussen deur gedoen, mens raak maar soms bietjie moeg as jy heeltyd so met een ding besig is. I also spent a little time on my blankets edge. I still have 4 more colours to do then I'll be finished.


Ek het vandag n mooi stukkie gelees, sit lui as volg : 'Die woord "geluk" sal sy betekenis verloor as dit nie gebalanseer word deur hartseer nie.' Carl Gustav Jung. Daar le' soveel waarheid in hierdie woorde opgesluit!
n Mooi week vir n ieder een en mag jul kreatiwiteit oorborrel hierdie week!


Sunday 14 August 2011

a Ta-da moment

Eks klaar met my blomkussing. En ja soos die foto verraai het ek toe besluit om nie die agterkant te hekel nie, maar om hom op n klaargemaakte kussing vas te werk. Ok die vaswerk deel moet nog gedoen word!!!
So hier is hy, ek dink hy het pragtig uitgekom. Sy tuiste sal op my dogtertjie se bed wees.
I have finished my flower cushion! And as you can see, I have decided to work the flower onto a ready made cushion.
 I am so happy about the outcome, I think it's pretty, pretty, pretty. I am going to put it on my little girl's bed. Have a look...

Gaan loer gerus by in by http://www.crochettoday.com/ , dis in die July/August 2010 uitgawe waar ek die patroon gekry het. So ja, my eerste "ta-da". Ek sien almal in "blogland" het ta-da's as hul klaar is met n projek..Ha-ha. n Baie rustige geseende sondag vir ieder een. P.s en trek gerus die wolle nader om die dag net nog lekkerder te maak!
So there you are, my first "ta-da"! I have noticed that everyone in "blogland" have a ta-da when they finish a project, so I'll follow the tradition. Have jourself a lovely sunday and grab your woolie stuff to make it even better!!!

Saturday 13 August 2011

a Day full of books!!

Vandag was "koop n Afrikaanse boek dag". So ek het my deel gedoen! Jy gaan my nie 2 keer nooi om n boek te koop nie. Ek is baie lief vir boeke en tydskrifte. Dit bied my soveel inspirasie en genot. Kyk net bietjie waarmee ek my bederf het.
 Today I spoilt myself with some lovely books. Two of wich were Afrikaans books, as it were "buy a Afrikaans book day". So I did my part and bought a storybook for my kids as well as a partycakes book for me- well come to think of it- technically thats also for them....mmmm.


Hier is die drie varkies - wat ek vannaand met slaaptyd gaan moet lees!! Ha-ha
The 3 little pigs, a all time favourte - wich I will now have to read tonight at bedtime for  the kiddies!


Daar is die oulikste koeke en idees in hierdie book. Ekt die vorige twee uitgawes ook en het al paar koeke uit hulle uit gemaak. In hierdie boek is die uiltjie koek my gunsteling en dan natuurlik die bootjie koek op die voorblad en die opstal koek. Amper te mooi om te eet!!
This book has got the most amazing cakes and ideas. I have the firts 2 issues as well and it came in handy on a lot of occasions. In this book my favourite cake is definitely the owl cake and the boat on the front page, o, yes and the barn cake- take a look.




Ek het n baie oulike tydskrif raakgeloop met die naam Mollie Makes. Sjoe soveel inspirerende projekte en foto's, laat my vingers sommer juk! Kyk net bietjie hoe mooi is die voorblad, en loer sommer ook na n paar van die mooi goedjies binne in.
I bought myself a stunning craft magazine called Mollie Makes. I just could not resist it. Such lovely projects and photo's. Just take a look!


Mooi ne'!!! Sjoe kan nie wag om iets uit die boek te maak nie
So lovely, can not wait to start with one of the projects.




Kyk net hoe pragtig is die blomme. Kan nie wag vir die lente nie!
When I see these beautiful flowers I just can not wait for spring!!


Ek het nie vandag tyd gehad om bietjie my wolle nader te trek nie, so ek dink n koppie tee en bietjie hekel gaan nou die ding doen! Heerlike naweek verder.
I didn't get alone time with my wool and hook today, so I think a cup of tea and a bit of crocheting will be just the thing to end the day! Have a nice weekend.

Thursday 11 August 2011

colour therapy

Goeiedag al julle oulike mese. Hoop julle het n heerlike lang naweek gehad. Wel ek het defnitief die ekstra rusdaggies geniet. Ek het my ekstra tyd wys gebruik en bietjie gehekel. Soos jul kan sien het ek met my ronde blomkussing begin. Sjoe ek geniet die bont kleurskema sommer baie.                     

Hallo there all you lovely people. Hope you've had a lovely week. I surely enjoyed mine. With all the public holidays it were such a short school week. I also had a bit of time on my hands to do some woolie stuff as you can see!!


So,hoe lyk dit sover? Mooi ne'. Ek besluit nog of ek die agterkant ook gaan hekel en of ek die voorkant net op n ronde kussingsloop gaaan vaswerk. Mmmmm,sal maar nog sien.  Nou ja, ek sit al in die bed,so ek gaan vir eers groet, tot volgende keer. Hou die wolle byderhand!!!!

Take a look at my flower cushion, I think its comming along real nice.  I am still deciding if I'm going to crochet the back. I am thinking of sewing the front onto a round slipcover.  I am sitting in bed, little bit tired today, so goodbye and keep the wool nearby.

Tuesday 2 August 2011

Basket full of yummy colour!!!!!


Ek het myself verlede week bederf met n hele mandjie vol nuwe elle gold wolle! Kyk net die mooi kleure. Ek het so baie dinge wat ek met dit wil hekel. Ek gaan defnitief die "Noag en die ark" kombers maak vir my seuntjie - dreig al vir meer as n jaar om die kombers te hekel - en ja, my ou blou oog sal sooooo daarvan hou. Hy het die oulikste Noag liedjie by die skool geleer en loop heeldag dit en sing. En dan - ha-ha daar is altyd n EN of n Maar! Ek het n mooi ronde blomkussing in n Crochet Today tydskrif gesien wat ek wil hekel. In blog land is daar al soortgelyke kussings en ek hou veral van Lucy se weergawe van die kussing< sy het so n goeie aanvoeling van kleure. Nou ja, ek beter ophou klets en begin hekel! Geseende daggie vir almal.

Last week I spoilt myself with a whole basket full of lovely wool!! I have so many things I want to make with this lovely lot. Well one thing I'm surely going to make is the "Noah's Ark" blanket that I have been wanting to make for such a long time! I'm going to make it for my little blue eye boy. But, ha-ha, there's always a but! First I want to try my hook at the lovely flower cushion I saw in Crochet today. I also saw a very similar cushion on Lucy's blog,and I'm surely going to give it a go! I just love her colour combinations!! I will keep you updated!! a Lovely blessed day for each and everyone.