Wednesday 24 August 2011

A joyful week!!!!

Hierdie week was n week vol feesvieringe. Dit was my verjaarsdag verlede week.
August is a month full of celebrations. Last week it was my birthday and my husband spoilt me so much! I had a lovely day with friends visiting and keeping me company.



My man het my so bederf met n pragtige glas koepel - wat ek al sooo lank wou gehad het! Kyk net hoe pragtig is dit. My husband spoilt me with a gorgeous glass dome - just what I wished for!!! Take a look




Gister was dit my dogtertjie se beurt, sy het 8 geword. Sy word so vinnig groot, sjoe dis eintlik scary! Ons het n heerlike dag saam met haar gehad, vol cupcakes, geskenke, maatjies en laggies. Ek het spesiaal vir haar vir haar verjaarsdag n kombers gehekel, kyk bietjie. Yesterday my little girl turned 8. I just can't believe she's growing up so quickly, it's scary!! We had a lovely day full of cupcakes, presents, friends and giggles. I crochet a blanket specialy for her birthday. Take a look






Vandag is dit weer manlief se verjaarsdag en ekt hom bederf met n Anna Davel cd. Hy is mal oor die liedjie - as jou hart regklop-. Ek dink hy gaan dit vreeslik geniet!!! Weet hy gaan die cd sommer dadelik luister as hy tuiskom! So ja, ons hou nog een strook deur partytjie. Ons het verlede naweek by my ouers gaan kuier en my ma het die heerlikste potjie gemaak. So terloops my pa het ook verlede week verjaar! Ek se mos ons hou nog die hele tyd pratytjie.
Today it's my husbands birthday, and I bought hom a cd that I know he will just love, love, love. Last weekend we visited my parents and my mom made a delicious "potjie" - it were my dad's birthday as well last week - told you it's a month full of birthdays.

So wat het geword van die wolle vra julle seker julself af! Toemaar, moenie bekommerd wees nie, die wolle was nie te ver weg nie. Ek is besig met n ietsie vir n liewe klein dogtertjie -sy gaan een van die dae haar opwagting maak -. Jul kan so bietjie loer.
So what happend to the wool and crochet hook you might ask!!??? Not to worry, the wool and hook's never to far. I am busy with a little something for a special little girl who will be born soon. You will have to wait until I'm finished to see what it's going to be, but you can have a sneak peak.....


Ek het ook verlede week so bietjie aan my strepies kombers se omranding gewerk. Ek het nog so 4 kleure wat ek mee moet omwerk dan is ek klaar. Dit is n baie groot projek gewees en daarom het ek so paar klein projekte tussen deur gedoen, mens raak maar soms bietjie moeg as jy heeltyd so met een ding besig is. I also spent a little time on my blankets edge. I still have 4 more colours to do then I'll be finished.


Ek het vandag n mooi stukkie gelees, sit lui as volg : 'Die woord "geluk" sal sy betekenis verloor as dit nie gebalanseer word deur hartseer nie.' Carl Gustav Jung. Daar le' soveel waarheid in hierdie woorde opgesluit!
n Mooi week vir n ieder een en mag jul kreatiwiteit oorborrel hierdie week!


No comments:

Post a Comment