Friday 26 August 2011

Nog merkwaardige vroue

Daar is soveel merkwaardige vroue, ek wil niemaand laat "uit" voel of uitsonder, maar n vrou wat my hierdie afgelope jaar ook vreeslik gedra het is Etrecia. Ek noem haar tannie Trish, vir sms doeleindes sommer tT. Sy is ook 'n merkwaardige vrou, wat so na aan Vader leef en dit uitleef. Al haar wyshede en insig het my so verryk en geseen.  Sy is self ook baie kreatief en het n oog vir die mooi in die lewe.  Sy kyk diep, skerp en het n manier met woorde.  Sy kan so opgewonde saam met my raak oor 'n mooi patroon of 'n nuwe bol wol!!  Ek en sy kom eintlik al n langpad saam.  Ek en haar dogter, Lize - ook 'n hartsvriendin van my- is al van standerd 1 af maats.  En ek en tT het so na aan mekaar gegroei dat sy een van my sielsgenoot-vriendinne is.  Haar liefde, tyd en omgee vir my le my na aan die hart. 'n Ware merkwaardige vrou in my lewe.



Daar is nuwe vriendinne, jare lange vriendinne, almal vroue wat ek glo Vader met 'n doel in my lewe laat kom het.  My vriendinne, dankie vir jul vriendskap en liefde, mag ons nog baie vrouedae / vrouemaande en vrouejare saam geniet en mekaar aanvul, opbou en inspireer!!!
Ek drink n koppie tee op julle, die vriendskap en die lewe!!!!


No comments:

Post a Comment