Friday 26 August 2011

Merkwaardige vroue

Augustus maand vier ons vrouedag, dit het my laat sit en dink aan al die merkwaardige vroue in my lewe. Heel eerste is dit my ma - of moekie - soos ek haar noem. Ek het baie waardering vir haar. Sy is 'n spontane en kreatiewe mens met 'n hart vir ander mense. Sy is baie lief vir mense en geniet dit om te kuier en te onthaal. Ek het defnitief my liefde vir stokperdjies by haar gekry. Vandat ek kan onthou was sy altyd besig om iets nuuts te leer en te beoefen. Kleintyd al het sy my leer brei en naaldwerk doen. Eks haar ewig dankbaar vir die kreatiwiteit wat sy im my aangewakker het en help ontwikkel het. En die feit dat dit iets is wat ek weer ook op my beurt aan my dogtertjie kan oordra en leer is net so vervullend. Klein C kan al klaar brei en kruisiesteek doen, sy is ook baie lief vir papier, verf en teken. Sy kan die mooiste prente teken en vra jy haar wat sy eendag wil word antwoord sy dadelik sonder om te aarsel, 'n kunstenaar!  So ja, nog 'n "Spreuke vrou" in wording! Dit is tog waarna elke vrou strewe, om n vrou/eggenoot te wees waarop haar man kan trots wees - vers 11+12(ou vertaling)- 'n ma wie se kinders na haar kan opkyk en trots is op haar - vers 28- 'n vrou wat 'n verskil in die samelewing en ander mense se lewens maak - vers 20 -.  Ek glo mens moet daarna strewe om so te leef en so te probeer leef. En "after all is said and done" wat soek ons as vrouens? Ons soek presies wat vers 31 mee afsluit... "Gee vir haar die waardering wat sy verdien. Laat sy erkenning geniet in die stadspoort."


Mooi geseende daggie. P.s en bederf julself met n teetjie, meskien n soetdingetjie en defnitief n bol wol!!

No comments:

Post a Comment