Saturday 13 August 2011

a Day full of books!!

Vandag was "koop n Afrikaanse boek dag". So ek het my deel gedoen! Jy gaan my nie 2 keer nooi om n boek te koop nie. Ek is baie lief vir boeke en tydskrifte. Dit bied my soveel inspirasie en genot. Kyk net bietjie waarmee ek my bederf het.
 Today I spoilt myself with some lovely books. Two of wich were Afrikaans books, as it were "buy a Afrikaans book day". So I did my part and bought a storybook for my kids as well as a partycakes book for me- well come to think of it- technically thats also for them....mmmm.


Hier is die drie varkies - wat ek vannaand met slaaptyd gaan moet lees!! Ha-ha
The 3 little pigs, a all time favourte - wich I will now have to read tonight at bedtime for  the kiddies!


Daar is die oulikste koeke en idees in hierdie book. Ekt die vorige twee uitgawes ook en het al paar koeke uit hulle uit gemaak. In hierdie boek is die uiltjie koek my gunsteling en dan natuurlik die bootjie koek op die voorblad en die opstal koek. Amper te mooi om te eet!!
This book has got the most amazing cakes and ideas. I have the firts 2 issues as well and it came in handy on a lot of occasions. In this book my favourite cake is definitely the owl cake and the boat on the front page, o, yes and the barn cake- take a look.




Ek het n baie oulike tydskrif raakgeloop met die naam Mollie Makes. Sjoe soveel inspirerende projekte en foto's, laat my vingers sommer juk! Kyk net bietjie hoe mooi is die voorblad, en loer sommer ook na n paar van die mooi goedjies binne in.
I bought myself a stunning craft magazine called Mollie Makes. I just could not resist it. Such lovely projects and photo's. Just take a look!


Mooi ne'!!! Sjoe kan nie wag om iets uit die boek te maak nie
So lovely, can not wait to start with one of the projects.




Kyk net hoe pragtig is die blomme. Kan nie wag vir die lente nie!
When I see these beautiful flowers I just can not wait for spring!!


Ek het nie vandag tyd gehad om bietjie my wolle nader te trek nie, so ek dink n koppie tee en bietjie hekel gaan nou die ding doen! Heerlike naweek verder.
I didn't get alone time with my wool and hook today, so I think a cup of tea and a bit of crocheting will be just the thing to end the day! Have a nice weekend.

No comments:

Post a Comment