Thursday 28 June 2012

Noa and the ark tha-dha

Noag en die ark kon toe uiteindelik die week die waters invaar !!!! Ha-ha
My liefste seun het hierdie sondag verjaar en ek kon toe darm sy kombers vir hom gee. Ek sal mettertyd nog visse hekel en vaswerk. Die oorspronlike patroon het net 1 vis, maar hy lyk vir my te alleen en verdwaald so op sy eie, so ek gaan maar nog n paar vis maatjies vir hom maak.
Kyk solank hoe hy uitgekom het. Die kombers is groot genoeg om oor n enkelbed te pas. (maar het hom so bietjie bo ingevou vir die fotoshoot)


Nou ja ek is regtig bly die kombers is toe nou betyds klaar, in ag genome dat ek verlede week siek was met n maag kiem en so erg ontwater het dat die dokter my dadelik op n drup gesit het...... jig, dit was goor, want seuntjie was ook siek en toe begin my man en meisiekind ook olik raak a.g.v die kiem. Maar nou ja, gelukkig het ons almal oor die naweek spoedig geherstel en is ons nou weer op die been.

Kom ons gesels eerder wolle !!!!
Ek het mos begin om my hobby kamer reg te pak en te re-decorate, so ek het op soveel vergete goed afgekom. Insluitende die mooiste gekleurde groen wol. En jul sal nie glo nie, dit pas perfek by my nuwe bank, so ekt gedink om n kniekombersie te hekel wat sommer permanent op die bank bly.
Kom ek wys jul die blokkies wat ek gisteraand gehekel het...



Ek is mal oor die pers kleurspeling saam met die groen. Die wol se kleur is so mooi dat ek gevoel het mens het nie nodig om n ingewikkelde patroon/blokkie te hekel nie. Granny square is die perfekte patroon om die kleur tot sy reg te laat kom.
So ja, hierdie gaan sommer my naweek projek ook wees aangesien more elk geval vrydag is - jippy!!!
Pragtige geseende dag vir almal
xxx

Friday 22 June 2012

Naweek projek : verlustig my in nuwe hekel boeke

Ek het die afgelope 2 maande n paar boeke vir my bestel en dit was veronderstel om min of meer elke keer 2 weke na mekaar te arriveer - maar weens staking by die poskantoor het geen boeke by by uitgekom nie..........
Maar toe ek vandag die posbus oopmaak, oe, yippy, suprize, suprize, al my langverwagte boeke het nou op een slag opgedaag!!!


Party pakkies lyk maar erg gekreukel, maar nou ja, ten minste het dit by my uitgekom.  Wil jul sien wat is binne......


Feast your eyes meisies!!!!
Is dit darm maar nie net heeltemal te veel hekel-yummy-geit op een slag nie!!!!!!
Daar is darm so bietjie balans met die vintage caravan magazine ( my nuutste liefde)
Ek sal volgende keer bietjie meer oor elke boek gesels en al die mooi goed deel wat daarin is, maar vir eers gaan ek groet - glo jul sal verstaan dat ek nou nie meer kan wag om hulle deur te kyk nie!!!

Ok meskien net so vinnige naby foto van Nicki Trench se nuwe Cute and Easy boek "Cute and Easy Crochet Baby Clothes"



Lieflike (lyk my na n koue) naweek vir almal.
xxxx

Sunday 10 June 2012

Tha-dha van die 6 - hoekies....

Ek het al die grys en so te se al die pienk wol opgehekel, en het al die blokkies in n lang strook aanmekaar vasgewerk..........


Die pienk en grys het mooier uitgekom as wat ek aanvanklik gedink het.


En daar het ook baie meer blokkies uitgekom uit die oorskiet as wat ek verwag het....


Nou is die vraag, waarvoor gaan ek dit gebruik????? Vir n serp/tjalie....



...op die bed?.....Ek het die strook nou net mooi oral al gehad, op die klavier, op die tafel vir n loper..... die moontlikhede is soveel. Wat dink julle? Ek dink hierdie strook sal maar n veeldoelige item bly en homself maar aan die seisoen en geleentheid uitleen soos dit opkom!!!!!

Kom ek wys jul nog so n fototjie van hierdie mooi blokkies



Ek het die naweek ook bietjie aan die Noag en Ark kombers gewerk, want sien die einde van die maand is dit S se verjaarsdag en dan moet sy kombers klaar wees. Die ark en van die diertjies is darm al klaar en dis vasgewerk, nog net die kameelperd vaswerk en n vis of 2 hekel dan is hy klaar! jippy!!!

Gister oppad huistoe het ek met die oorskiet wol van die ark begin sirkeltjies hekel, en nou kan ek dit nie neersit nie!!! (Sal jul nog wys) Maar ek sal moet want die vintage pebble stripe blanket moet klaar wees teen sondag....... Darm netnou die wol gekry wat ek gekort het om hom klaar te maak, so vandag is dit volstoom werk aan hom.
Lieflike geseende dag vir almal.
xxxx

Saturday 9 June 2012

Naweek projek

Ek is besig om my hobby kamer bietjie reg te pak, als uit te sorteer, orde te skep. Ek wou voor die val al die vertrek oor gedoen het, maar ja,  die tyd is nie aldag daar nie. So op die stadium hou ek my maar besig met uitsorteer ens. So gebeur dit toe dat ek op lang vergete bolle wolle afkom - kan een mens soveel wol he?????? Ek besluit toe dat ek so gou moontlik die wol sal moet begin opgebruik. Dit is nie van die beste gehalte wol nie, baie van dit is gekoop net toe ek begin leer hekel het en is sommer by n supermark gekoop. Maar nie te min dis wol en dit moet iets mee gemaak word, so hierdie naweek het ek die grys en die pienk gekies as die gelukkige bolle om in iets bruikbaars omskep te word. Ek het ook op n motief besluit wat ek so 6jaar gelede vir die eerste keer gesien het, en nou sit ek in die wintersonnetjie en hekel. Ek weet nog nie presies wat die einddoel van die seshoekies gaan wees nie, maar ons sal maar sien......

Baie mooi geseende (koue) naweek.
xxxx

Monday 4 June 2012

Naweek projek tha-dha

Ek het klaargemaak met die ronde doily kombers. Moet se die gekleurde wol het nie goed met die patroon gewerk nie, die detail van die patroon gaan verlore. Maar toemaar, hy is klaar.



Die vreeslike bont kleure maak dit ook baie moeilik om mooi foto's te neem. Naby foto's kom die ware kleure mooi na vore, maar van ver af as ek die hele kombers wil afneem dan maak die kleure ammok en begin dit skoon anders lyk..



Kom ek wys jul hoe lekker le die doily nou op die bed...



Dit is n baie lekker kombersie om te hekel omdat jy net heeltyd al in die rondte hekel


Voor ek groet laat ek jul gou die serp wys wat ek ook die naweek begin het, maar voor ek ver was toe word my breiwerk "gehi-jack" !!!! ha-ha


Dit is die stukkie wat ek kon doen, toe word dit uit my hande geneem....


Bietjie brei na badtyd


En die volgende oggend word verder gebrei, en dan.......

Tha-dha......

Mejuffrou met haar serp...


Baie in haar skik.

So bly ek kon ons handewerkies met jul deel. Baie mooi geseende dag vir almal verder.
xxxx

Friday 1 June 2012

Naweek projek

Met die gevallery het ek n paar naweek projekte gemis, maar nie te min, laat ek wys waarmee ek my weer hierdie naweek gaan besig hou.



Dis n stervormige kombersie wat ek beplan om vir C te gee wat sy oor n leunstoel kan drapeer deur die dag vir mooigeit en wat sy oor haar bene kan gooi as sy op haar rekenaar werk of wat self kan dien vir n popkombers as dit speeltyd is.




Ek hoop regtig om teen die einde van die naweek klaar te wees!!!

ps As julle gewonder het wat van Coco geword het, wel sy was klaar en reg om mee gespeel te word, maar ek was nou maar net nie tevrede met haar kop nie. Ek kan nerens in die ongewing blou kat ogies kry nie, so ek moes van bruin ogies gebruik maak - wat net nie lekker werk nie. En behalwe dit was haar kop volgens my heeltemal te klein vir haar lyf, syt meer na n vlermuis as n oulike katjie gelyk, so met die gevolg Coco is onthoof en ek het n nuwe kop gehekel. Sy lyk beter met die nuwe kop en  ek het ook haar neus anders gemaak deur n plastiese katneuse vas te sit. Ongelukkig nog nie tyd gehad om n fotosessie met haar te boek nie, maar sodra Coco terug is van Parys af neem ek haar af hoor!!! Ha-ha

Vintage pebble stripe blanket

Ek het jul al vertel van my nuutgevonde liefde vir elle cuddly Dk, nou ja, eks weer besig met die cuddly. Hierdie keer is ek besig met die mooiste kleure. Ek het hierdie besonderse foto van spoelklippe op die internet gesien - kan ongelukkig nie onthou waar nie - , maar was dadelik aangetrokke tot die kleure.



So toe ek kleure moet kies vir n kombersie wat ek wil hekel vir n vriendin wat n seuntjie verwag, toe is cuddly natuurlik my eerste wolkeuse en hierdie kleure my eerste kleurskema keuse.






Ek kon nie wag om te begin hekel nie








As jul saam met my die kombersie wil hekel, ek het as volg te werk gegaan...

4mm hekelnaald
cuddly Dk (hierdie word as n Dk geklassifiseer maar in werklikheid is dit n baie dun wol wat meer n 4ply dikte is as jou algemene dubbeldraar wol)




Ek vind engelse patrone maliker om te lees so eks meer vertroud met die engelse termes
Die kombers hekel ek nie heen en weer eers aan "voorkant" en dan "agterkant" van werk nie, ek knip na elke ry my wol af en heg die volgende kleur aan die begin van die ry, met hierdie patroon gekies om nie my werk om te draai nie. Ek werk oor in altwee lussies van die vorige steek, maar as jy verkies kan jy net in die voorste of net in die agterste steek werk, ek verkies maar net om in altwee te werk.

with color A
Chain 170
1 treble in 4th chain from hook
1 treble in each chain to end (you'll have 168 treble, that includes the 3 turning chains that counts as firts treble)
breake off yarn
with color B
join to beginnig of row you just finished (in 3d chain(top stitch) that counted as your first treble)

Ok, so now you just keep on alternating the colors as you wish.

Eks nog besig met myne, so ek sal soos ek vorder jul op hoogte hou hoeveel wol ek gebruik het en wat die mate van die kombersie gaan wees, ek kan net nou al noem dat dit net n klein "receiving blanket" gaan wees




Ek kry net nie genoeg van hierdie sagte wolletjies nie hoor, ek sit al klaar en dink wat ek volgende met dit kan hekel!!!
Nou ja, laat ek eers groet sodat ek kan verder hekel.
Pragtige geseende dag verder vir julle liewe mensies.
Oe, dis vrydag jippy!!!!!!!!! En dit beteken natuurlik n naweek-projek??????? Nou beter ek vinnig groet .
xxx




Kleurvolle ruffle

Vandag kry jul n oordosis van hekel in! Maar as jul so hekel mal is soos ek, dan dink ek nie gaan jul omgee of moegraak van wolstrories nie - gelukkig is dit net wolstories en nie wolhaarstories nie!! ha-ha
Ek het lieflike wol wat pragtig gekleurd is, wat ek gebruik het om n "neckruffle" vir C te hekel. Die patroon kom uit n Ondori boek uit wat ek seker so 2jaar gelede van Japan af bestel het. Eks versot op die boeke, en aangesien al die patrone diagramme by het, maak dit dat ek die artikels kan hekel al kan ek nie n woord Japanees praat nie!!!!




Ek wys nie sommer foto's van my kiddies nie, maar hierdie foto het ek met my black berry geneem, gewoonlik neem ek met my kamera af en dan neem ek nie gesiggies af nie, maar hierdie is nou al fototjie wat ek het om jul te wys hoe pragtig hierdie ruffle toe uitgekom het....



Sy is n groot halo kitty fan -soos jul van die hempie kan aflei- en sy was baie in haar skik met mamma se hekelwerk, en dit laat my hart sommer warm klop as ek vir my 2 kiddies ietsie met die wolle kan maak wat die lyfies lekker warm hou......