Saturday 31 December 2011

n Dag van oordenking en vooruitsig

Wat n jaar,nie een wat ek sommer weer sal wil he' nie,maar een wat ek besluit het ek nie oor gaan spyt wees nie. Ek het vanoggend gesit en bietjie gedagte en gevoelens oor die jaar vasgepen in my joernaal. Ek het myself voorgeneem om net die positiewe en die goeie van die jaar neer te skryf en die lesse wat ek daaruit kan en moes leer te bepeins en te fokus op die groei wat in die moeilike tye plaasgevind het. Ekt erens gelees, - wanneer daar net sonskyn dae is en geen donderstorms nie dan vorm n woestyn...
Die donderstorms in ons lewens is nodig sodat daar groei kan plaasvind.

No comments:

Post a Comment