Tuesday 13 December 2011

Uitspantyd geselsie

Jippy, dis vakansie! Ok, nou al n week lank, maar dit begin nou eers regtig "insink". Die lekkerste deel is die laatslaap. Dis so lekker om nog bietjie in slaapklere ( my gunsteling klere moet ek erken) rond te drentel en dan rustig ontbyt te eet, meskien buite onder die boom n teetjie te drink, dan die blomme nat te gooi en dan te gaan aantrek. Die rustiger pas van vakansie is goed vir die siel! Ek sover tot n tydjie gehad om n storieboek te lees. Tussendeur smokkel ek n hekelstekie of 2 ook darm in. Ek werk redelik getrou aan grootman se kombers en het al n hele paar VLU-rosies gehekel. Het ek vertel van die Cath Kidston hekelblik wat ek bestel het? Kyk bietjie hoe mooi.




So mooi en handig.
Verder is dit maar die gewone huislike rotiene en dinge. Ek het n hele paar mooi patrone wat ek brand om mee te begin - gister in my nuwe Crochet today gesien- maar ek gaan mooi soet wees en sorg dat ek eers klaarmaak waarmee ek besig is. Elk geval met kersfees op hande sal dit wys wees om eerder volgende jaar met nuwe projekte te begin aangesien ek tussendeur met n paar kersfees-projekte besig is. Niks groots nie, paar gehekelde sakkies maar ek sal dit later wys.
Sterkte met al die fees voorbereidings. Geseende dag.

No comments:

Post a Comment