Friday 25 November 2011

Miniatuur vlaggie verliefdheid!!!

Donderdag toe het ek die nuwe IDEES gekoop en daarin hierdie oulike klein gehekelde vlaggies gesien, man dit was love at first sight! Ek het dadelik n hekelnaald en oorskiet wol van my Josef kombers nader getrek en begin hekel.  En toe ek eers begin toe kan ek nie ophou nie.  Laat ek jou vertel ek sal meters en meters van die vlaggies hekel ha-ha!!!
Eerste was die rooies


Hulle hang nou in my sitkamer.

Toe volg bloues.


En hulle is nou in my seuntjie se kamer as versiering teen sy deur.



Toe (ja, ek het gese' ek kon net nie ophou nie!) volg pienkes


Hulle hang nou in my dogtertjie se kamer al teen haar muskietnet af - ongelukkig nog nie mooi foto van dit nie.
En nou is ek besig met vlaggies wat ek as versiering om die kersboom gaan hang, en ek waarborg jou dit gaan nie die einde van die vlaggies wees nie, ekt nog baie planne met hierdie nuutgevonde vriendjies van my....

Baie mooi saterdag vir almal.

1 comment:

  1. Hi Charlien, ek is net so verlief op hierdie vlaggies!
    Het jy dalk 'n patroon vir my? Sal dit baie waardeur!

    ReplyDelete