Friday 25 November 2011

Kombers Ta-da

Ek het Oktober al hierdie kombersie vir ouma klaargemaak toe sy by ons kom kuier het, maar o wee, die tyd om foto's op te sit en n kletsie in te kry het ek net nie gehad nie. Maar hier het ek nou n tydjie om bietjie te deel waarmee ek bedrywig was.









Ek het besluit om die kombersie bietjie te verfyn deur n ou mooi skulprandjie wat n picot tussen in het om te hekel. Mooi ne'.


So hier is ouma Issie met haar kombersie wat die komende winter haar bene teen die koue gaan beskerm.


Na ek met die kombersie klaar was, was ek lus om bietjie met ietsie vir myself te begin. Ek het besluit om n somerjassie vir my te hekel en het op elle premier se katoen garing besluit.


Hier is n sneak peak van die eerste paar rondtes. Eks al redelik ver maar nog nie kans gehad om foto's te neem nie.





Goed volgende op die lys is die Noag en die Ark kombers. Wat jammer om te se' baaaiiiieee stadig vorder. Weereens spandeer ek nie soveel tyd soos wat ek graag sou wou aan hom, maar ek is van plan om te begin om elke dag ten minste 2 rye te hekel - klink na n goeie plan ne'!!





Goed dit lyk of ek nou min of meer op datum is!! Ha-ha! Geseende naweek.

No comments:

Post a Comment