Sunday 23 October 2011

Heerlike bederf

Die afgelope week het ek sommer 2 keer n lekker bederf gekry. Eerstens het d nuwe Molly makes uitgekom! Jippie! Kon nie wag nie, brand al om die sappige wortels en ertjies op die voorbeeld te hekel nie. En dan het die nuwe hekelboek wat ek bestel het ook gekom. Sjoe en is daar nou nie n magdom patrone in nie, ek gaan nie weet met watter een om te begin nie!



Die naweek het ek vir die eerste keer n ronde gebreide lappie probeer. Vier naalde is nodig hiervoor en dit het maar mooi kophou geverg. Ek het al in die verlede kuise met 5 naalde gebrei, maar die ronde lappie was n heel nuwe uitdaging.
Ons het n heel rustige naweek op die plaas gehad. Die kiddies het geleentheid gehad om die dag oue kalfies te vryf.




En ekt foto's geneem van die fynste groen waterplantjies.
En so kom n naweek ook al weer tot n einde. Kreatiewe week word ieder een toegewens.





No comments:

Post a Comment