Monday 17 October 2011

Blokkies

Ek het weer met n nuwe projek begin!! Ek weet eks eintlik besig om my "halwe projekte" klaar en minder te maak, maar hierdie projek is n uitsondering. My man se ouma kuier hier en sy wil vreeslik graag n kniekombersie he. Ouma word een van die dae 86 en hoewel dit gewoonlik die ouma's is wat vir die kleinkinders komberse hekel, is dit vir my n voorreg om vir haar een te kan hekel.
So ekt toe besluit om sommer blokkies te hekel-gaan altyd die vinnigste.


Maar ekt toe n bloutjie geloop, ekt nie genoeg van die wol gehad waarmee ek begin het nie - geen probleem ek sal n draai by die wolwinkel maak-, maar toe het hul nie van die wol wat ek nodig het nie. groot probleem aangesien en al 2 30x30cm blokke gehekel het!!! Ek moes toe maar noodgedwonge ander skakerings kies. Ek besluit toe om met die nuwe skakerings kleiner blokkies te hekel en om die 2 groot blokke vas te werk, dit beteken ek het 12 blokkies nodig.




Maar ja, toe ek klaar is met die 12 en hul netjies in n rytjie pak toe lyk hul so mooi en ek kry n ander idee. Ek sal nog 3 blokkies hekel en dan die klein blokkies gebruik vir die middelste deel van die kombers. Die 2 groot blokke sal ek dan maar in n kussingsloop omskep.
So nou dat jul weet hoe sake staan, laat ek bietjie wys hoe vorder ek.


So,ja, nou begin ek om n bree randstrook te hekel en dan sal ek dit afeindig met n mooi randjie.
Heerlike daggie verder.

No comments:

Post a Comment