Sunday 2 October 2011

Naweek bedrywighede

Ek is so trots op myself,ek het die naweek nog 1 van my "halwe projekte" klaar gemaak. Dis n bolero wat bestaan uit n aantal verskeie motiewe wat aanmekaar gehekel word. Die patroon kom uit Verena knitting Sping 2010.



Ek het my vordering afgeneem as ekstra aanmoediging om klaar te maak!!


Lig was bietjie swak vanoggend toe ek hierdie foto's geneem het, dit was bewolk en het heerlik gereen. Ek het sommer in die bed gesit en gehekel - wat is dan nou lekkerder as reen teen die ruite n warm koppie tee en n hekelnaald in die hand....



Geniet die luilekker sondag.

No comments:

Post a Comment