Tuesday 27 September 2011

Amper ta-da tyd

Ek is klaar met my Josef's kleed kombers!!!! Uiteindelik! Sjoe, hy het n tydjie geneem om klaar te kry. Maar ek het baie aan en af aan hom gehekel. Ek en die kombers het n paadjie gestap hoor. Deur als wat ek die jaar deurgegaan het met my gesondheid was die kombers maar so tussen in gewees, n rytjie hier en n rytjie daar.











Dit het my gehelp om bietjie "kontak" te hou met my hobbies terwyl ek nog nie gesond genoeg was om iets anders te doen nie. So dis vir my n groot mylpaal die dat hy nou klaar is.
Ek moet nou nog net hom bietjie regsit vir n "fotoshoot"! Sodra ek kansie kry sal ek foto's neem van die reus! Moet eers mooi dink hoe en waar ek hom gaan sit sodat ek hom in sy geheel kan afneem.

Dan n ander ding. Jul wonder seker wat het van die naweek projekte geword, wel hul sal terugkeer, ek is tans net eers besig om eers die "halwe" goed klaar te hekel. Mens begin mos soms met n ding, en dan is die entoesiasme later nie meer daar nie! En dan begin dit op die rak le en stof vergader, so ekt besluit om dit eers te voltooi.
Ek is darm besig met ander hekelwerkies bo en behalwe die halwe projekte. Ek is besig met die vlu-rosies, trek darm nou al by 13.....het ek al genoem ek moet 130 maak!!! Ha-ha. Nou ja, dit beteken ek het nie tyd om verder te klets nie, die hekelnaald wag.
Mooi geseende daggie


No comments:

Post a Comment