Friday 9 September 2011

Jippy dis naweek!!


Dis naweek! Eks mal oor naweke, maar wie is nou nie!! Maar ja, soos jul weet beteken naweek vir my hekeltyd! Op n vrydag "bederf" ek myself deur met n nuwe hekel projekkie te begin. Niks groots of ingewikkeld nie, net ietsie klein en vinnig wat voor die einde van die naweek kan klaar wees. So, ekt gesit en dink en na vele oorweging ( en heroorweging), -want kyk daar is BAIE goed wat ek wil hekel- het ek besluit om werk te maak van al die lee koffieblikke wat ek het. Nou wat het dit met hekel te doen wonder jul dalk! Wel ek gaan "jassies vir die blikke hekel. Ek het tou gekoop - jy weet sommer daardie wit tou waarmee mens pakkies toedraai- ek het n groot tol by CNA gekoop vir R10. Ek wil kruieplantjies in die blikke plant en buite ophang. Dit gaan n vinnige en praktiese projek wees die en ek sien uit om te begin. So ek het gedink die keer gaan ek die naweek projek so doen dat jul dit saam kan doen as jul daarna voel.

Benodighede:
Tol tou
4,5mm hekelnaal
n lee blik - enige een wat jy het, ek gaan met n medium koffieblik begin.

Soos ek se' gaan ek n kruieplantjie daarin plant wat beteken ek gaan oor die naweek n draai by die kwekery moet maak, gelukkig vir my is die kwekery loopafstand van my huis af. So kry jul hekelpenne gereed, ek gaan vanmiddag begin en soos ek vorder die patroon deurgee... Ja, dis reg ek het nie n patroon nie, ek gaan sommer uit my kop uit hekel!!! Maar kom ons kyk hoe gaan dit!!! Tot later

No comments:

Post a Comment