Thursday 22 September 2011

n Gewone mooi dag

Vandag gebeur niks besonders nie,normale rotiene van wasgoed was,kiddies versorg,kos maak ens. Maar ten spyte van die rotiene kan dit nogsteeds n heerlike dag wees. Mens moet dit net vir jouself lekker maak. Als wat jy doen,doen jy asof vir die Here,of dit nou voor die wasmasjien of die wasbak is waar jy jou bevind,doen die taak met n lied in jou hart. Ek probeer dit vir myself leer-dis n goeie ding om aan te leer- dit maak dat mens uit n ander oogpunt na dinge begin kyk. Dis vir my vreeslik lekker om te sit en hekel of een van my ander stokperdjies te beoefen,maar mens moet daardie selfde vreugde en lekker kry uit ander gewone dinge ook kan put. Kan nie heeltyd op n "crochet high" wees nie!! Ha-ha!! Praat ek bietjie te diep?! Ok,genoeg daarvan,wou net my nuwe siening en uitkyk op die gewone rotiene deel,meskien stem jul saam en besluit om ook jul benaderings te verander....
Om terug te kom na hekel toe, ek werk so bietjie aan my kombers se randjie,dis die laaste ry van my koning grootte Josef's kleed kombers.







So ek is redelik opgewonde dat die projek einde se kant toe staan,want ek wil graag met my knapie se Noag en die ark se kombers begin! Ek het ook vir my n nuwe blom-brooch gemaak en n armband uit die tydskrif  Mollie Makes. Eks mal oor die boek!! Loer bietjie hier.



Mooi ne'. Die voorblaaie is altyd so vreeslik mooi!!
En hier is my armband.



Maar wat vandag betref, ek gaan so tussen deur die huiswerk probeer om n paar rosies te hekel. Ek moet 130 van hulle hekel. My ma maak pofharte vir die VLU en die rosies moet bo-op die harte kom. En hoeveel vra jul het ek al gemaak?!! Ha-ha nog net 4.... So ja ek het vir myself n doelwit gestel, ek moet elke dag 2 hekel.
En dit gese' beter ek groet en gaan begin hekel!!!
Heerlike geseende gewone daggie vir ieder een.

No comments:

Post a Comment