Sunday 4 September 2011

Morning has broken

Vanoggend vroeg toe sit ek my teetjie en drink in my toekomstige kombuis,en kyk net hoe mooi gaan my "view" wees! Terwyl ek toe so sit kom die woorde van die bekende liedjie "morning has broken" by my op en dadelik weet ek dit sal my nuusbriefie se opskrif wees!


Ons is besig om 'n loghome op die plaas vir ons te bou. Dis BAIE harde werk,maar vreeslik opwindend! Ek sit hier in die sonnetjie en verf en skuif meubels!! Ha-ha,heerlike drome wat ek sit en droom oor hoe als in en om ons "cottage" - soos wat hul in die UK na sulke houthuisies vewys- gaan lyk.


Ek het so bietjie in die tuin gestap en die lente se eerste blomme betrag. Kyk net, eenvoudig so mooi.


Nou ja, en so kom 'n naweek soos jul weet spoedig tot 'n einde!!! Ons moet ons tyd wys gebruik, dis iets wat ek hierdie jaar weer opnuut besef het. Geniet elke oomblik en gebruik elke geleentheid, sodoende is elke dag 'n fees!!!!

No comments:

Post a Comment