Saturday 24 September 2011

Dankbare harte

Wat n heerlike dag. Ek het d voorreg gehad om tannie Rea Uys vanoggend by ons kerk se damestee te kon ontmoet. Sjoe wat n blessing! Ek weet dat elke vrou wat daar was se lewe deur die woord wat sy gebring het geraak is. Dit was so heerlik om as vroue saam byeen te gekom het tot eer en verheerliking van ons hemelse Vader se Naam. Soveel profetiese woord het uitgegaan en die Heilige Gees se teenwoordigheid was so tasbaar.
Iets wat ek nie geweet het nie, wat tannie Rea ons meegedeel het,dit is vanjaar 2011,die Josefs-jaar, hy is die 11de seun. Dit het vir my persoonlik n spesiale betekenis gekry,want waarmee is ek besig? Ja,met my Josef's kombers!!! Dit is vir my net amazing hoe die Here sulke dinge so saam kan laat werk,sonder dat mens besef dat daar dieper betekenis is aan dinge waarmee mens besig is! Sjoe,en daar is ek heeltyd besig met n Josef's kombers in die Josef's jaar!!!
Dit is vir my so wonderlik om die konneksie tussen my handewerk en hierdie nuutgevonde inligting te kan maak.
Mag jul ook soveel vervulling in Vader se woord en jul handewerk ervaar soos wat ek vandag beleef het.


No comments:

Post a Comment