Tuesday 6 September 2011

Hekel praatjies

Kom ek gesels bietjie hekelwerk.  Kyk as ek kon sou ek seker 24uur van die dag gehekel het! Die hele proses van patrone/boeke deurkyk, die perfekte patroon of idee vir my volgende projek te kry, die kies van wol - kleur, tipe, ens - is als deel van die lekkerte. Ek begin nou al klaar te dink wat gaan my volgende naweek projek wees!!! Ha-ha. Praat van naweek projek, loer bietjie na my blou sak.  Ek het die nate toe gewerk en al die wolle weggewerk ( dis die minder lekker deel van n projek klaarmaak-die wegwerk van wol). Lize het my ook vanoggend laat weet dat sy materiaal gekry het en dit is spoedig oppad in die pos. Jinne ek kan skaars my opgewondenheid in toom hou!


Loer solank na n foto van die lap wat sy afgeneem het.



Sodra ek dit in die pos kry sal ek nog foto's neem en bietjie met dit "brag"!!!

Vir so bietjie ekstra inspirasie terwyl ek opsoek is na my volgende projek, het ek so bietjie die nuwe Country Homes & Interiors deur gekyk.  Ek is versot op die tydskrif.  Daar is die mooiste foto's in,en soveel idees en inspirasie, ek kan dit oor en oor deurkyk...



 Kyk net hierdie mooi kwilt!!! Ek sal nie omgee om in hierdie kamer aan die slaap te raak nie!  So fyn en vroulik, vrolik en lenterig!!


En hoe kan ek dan nou ook groet sonder n foto van n mooi blom en n soetdingetjie!!! Feast your eyes.



Mooi geseende dag. Hou die wolle naby.

No comments:

Post a Comment