Saturday 10 September 2011

Naweek projek

En hoe vorder die blikjassies? Ek was gister laatmiddag klaar met my eerste blikjassie. Toe die jassie die regte lengte was het ek net 1 rondte glipstekies in elke steek gemaak. Die bandtjies bestaan uit 100 kettingstek elk. Ek het 4 sulke kettingsteek "toutjies" gemaak wat aan d jassie vas is. Hier is n paar fototjies van my vordering en d plantjies wat ek gekoop het. Die kiddies het aangedring op n aarbei plantjie en ek het besluit op n pepermint - aangesien ons border collie myne opgeeet het! Maar met hierdie oulike blikjassies kan my pepermint rustig groei sonder om gesaboteer te word!! Vir die heel klein koffieblik wat ek het, het ek sommer net so oulike miniatuur palmpie gekoop.  Hier is n paar fototjies wat ek geneem het.










No comments:

Post a Comment