Friday 9 September 2011

"Geblikte" Vordering

Regso, kom ek vertel jul hoe ek sover te werk gegaan het.


Rondte 1-Maak 6 kettingsteke
Glipsteek in 1ste kettingsteek om ring te vorm
Maak 3 kettingsteke
Maak 11 langbene (dink dis wat jy dit in afrikaans noem,ek ken net engelse termes! m.a.w treble)
en glipsteek in laatste van 3 kettingsteke wat jy in die begin van die rondte gemaak het. (12  langbene,onthou die 3 kettingsteke tel as jou eerste langbeen

Rondte 2-Maak 3 kettingsteke
Maak 1 langbeen in dieselfde spasie as wat 3 kettingsteke is.
Maak 2 langbene in elk van volgende langbene tot einde. (24 steke)

Rondte 3-Maak 3 kettingsteke
*2 langbene in volgende steek, 1 langbeen in volgende steek* herhaal tot einde (36 steke)

Rondte 4-3kettingsteke, 1 lanbeen in volgende steek,* 2 langbene in volgende steek, 1 langbeen in elk van volgende steke* herhaal van * tot einde.

Sjoe klink deurmekaar maar werk maar soos jy lees. Ek sal later mooi die patroon gaan uitskryf en n diagram maak. Ek persoonlik verkies om van n diagram af te hekel, dis net soveel makliker, dan kan jy sien wat jy moet doen.
Elk geval, nou is die sirkel klaar en gaan ons met die kant van die blik op beweeg.



Rondte 5 - 6 kettingsteke. 1 langbeen in 4de langbeen van vorige rondte. *3 kettingsteke, slaan 3 steke oor en maak 1 langbeen in volgende steek*. Herhaal tot einde. Jy het nou 12 langbene en 12 (3kettingsteek) spasies.

Rondte 6 - 3 kettingsteke, 4 langbene in eerste spasie, 1 langbeen in volgende langbeen, 3 kettingsteke, 1langbeen in volgende langbeen, 4 langbene in volgende spasie. Gaan so voort tot einde.

Rondte 7 - 6 kettingsteke, slaan die 4 langbene in spasie oor en maak 1 langbeen in volgende langbeen, 4 langbene in spasie, 1 langbeen in volgende langbeen. Hou nou aan om op hierdie manier te werk. Jou werk moet so iets lyk



Ok noudat mens die foto sien maak die gebrabbel hier bo sin!!
Reg dink dis vir eers genoeg om jul mee besig te hou. Ek gaan nou verder werk tot werk by bo-kant van die blikkie strek...

Ps. Hier is die langbeloofte diagram van die blikkie se bodem. Die grootte van jou blikkie se bodem sal bepaal hoeveel rondtes jy moet hekel, pas maar kort-kort jou blikkie op jou gehekelde sirkel.

No comments:

Post a Comment