Sunday 4 September 2011

Die vreugde van iets skep

Met my verjaarsdag het ek n lieflike pakkie van my vriendin Lize ontvang. Maar dis nie net die mooi halsnoer wat daarin was wat my opgewonde gemaak het nie, die mooi stukkie kant en pragtige linte het my net so opgewonde gemaak!



My kreatiewe brein het dadelik begin oortyd werk oor hoe ek iets daarvan gaan maak. 'n Paar dae later het ek hiermee vorendag gekom....




Sommer net ietsie mooi wat in my sitkamer op die koffietafel kan pryk en my te herinner aan al die bederf op my verjaarsdag!
Mooi daggie verder
P.s ekt Augustus al die nuusbrokkie geskryf, maar nou eers tyd gekry om foto's by te sit en dit vir jul te wys!!

No comments:

Post a Comment