Friday 10 February 2012

Dis weer Tah-dah tyd!!!

Ek het n rukkie gelede vertel van n bolero/jassie wat ek vir my hekel. Wel hy het toe nou darm klaar gekom en ek is heel in my skik. Ek moet nou net nog n paar garings wegwerk, dan kan hy klerekas toe. Kom ek begin deur te "ra-cap" van toe ek begin het.
Ek het met elle se primier cotton Dk en n nr 5mm hekelnaald gehekel. Ek het 3 kleure gebruik om bietjie kontras te skep en ook dat ek dit by soveel moontlik klere kan aantrek.




Die jassie word al in die rondte gehekel, net soos n tafeldoek.





Die 3 kleure saam werk vir my.




En stadig maar seker groei my jassie!!!!!



Goed, armholtes is darm klaar. Nou begin dit bietjie laaaaank vat om een rondte te hekel hoor,word nou groot.
Ek het toe so besig geraak met dinge dat ek nie weer mooi foto's van my vordering geneem het nie, maar ja, hier is nog so 1 of 2 "while I'm busy" foto's en ek belowe dan kom die tah-dah!!!!



Ek het n baie liewe man wat glad nie omgee as ek hekel terwyl ons erens heen ry - en hy natuurlik bestuur nie, so ry-tyd is hekel-tyd vir my!!! Jippy. Ek sal in elk geval nooooooit net so stil kan sit vir 2 of 3 ure nie, my hande moet besig wees met my wolle, en dan nutuurlik hou ek manlief ook geselskap so tussendeur die gehekel.


Goedso, nou kan ons by die eintlike foto's uitkom wat jul wil sien.
Die eindproduk lyk so.........


Ek sal later bietjie model speel, maar vir eers het ek my dogter nader getrek om model te speel,net sodat jul n idee kry van hoe die jassie hang.




So, ja, dit was dan die eerste tah-dah van die dag. Ja, reg geraai, daar is n tweede een oppad, maar eers terug by die jassie. Sodra al die garing weggewerk is sal ek bietjie my jassie aantrek en wys.

3 comments:

  1. Dit is verskriklik mooi!! Waar kan ek die patroon kry?

    ReplyDelete
  2. Hi Sharlene, baie dankie. die patroon is n samevoeging van patrone op die internet en n patroon van n blog,wat ek nie mee die adress of naam heeltemal kan onthou nie, dink dis Lindesvrouweb - Nederlandse vrou se blog. Maar ekt soveel navraag oor die patroon dat ek dit oorweeg om n soortgelyke patroon te ontwerp wat ek dan met jul sal deel. Die nuwe Crochet Today het ook n soortgelyke patroon in.

    ReplyDelete
  3. Vreeslik bly om met jul mee te deel dat ek toe UITEINDELIK die adres gekry het van die jassie se patroon!!! Dit is to Lindevrouwsweb (ek het die spelling hier bo verkeerd gehad, maar was op die regte spoor met die naam.) So hier is dit http://lindevrouwsweb.blogspot.com/2011/08/vest-bont-rond-hesje.htm

    ReplyDelete