Tuesday 21 February 2012

Padlangs

Daar is ñ goudpot van hekeltyd terwyl mens erens heen ry - as jy nie nodig het om te bestuur nie bygesê!! Gelukkig is ek baie bevoorregt om passasier te wees as ek en my man na plekket toe ry. Ek het lankal ook die goedpot van tyd ontdek en gebruik dit so effektief moontlik. Gister en vandag moes ons Pretoria toe gegaan het en ekt besluit om die klein granny squares te hekel uit die boek - cute and easy crochet-. Ek het al genoem dat ek dit graag wil hekel,maar nie soos in die boek ñ hele kombers nie, net ñ kussingslopie is reg vir my. So, ek het toe my wolletjies saamgevat en baie bly om te kan rapporteer dat ek klaar is met al my blokkies! Skuus kan nogsteeds nie foto's op blog laai nie,maar behoort binne die volgende dag of 2 foto's van al die nuwe goedjies op te kan sit.
Heerlike dag vir almal verder.
P.s Sharlene dankie vir jou kommentaar ek gaan nog terugkom na jou toe in verband met die patroon.

2 comments:

  1. Hallo Charlien
    Wat 'n verrassing om op nog 'n afrikaanse hekelaar af te kom! Ek stem met jou saam oor hekel in die ry; ek raak heel paniekerig as ons iewers moet heen en ek het nie 'n handwerkie reg nie!
    Van ouma-blokkies gepraat- 'n paar jaar gelede was my beterhalf vir drie maande in nerderland vir werk, en ek het 'n hele deken gehekel gedurende die lang verlang-ure.

    ReplyDelete
  2. Hi Santie, ja dit is so heerlik om mens se liefde vir die kreatiewe dinge met ander te kan deel. Laat ek jou vertel ek het nou permanent n mandjie met hekelwerk in die motor net ingeval ons onverwags moet ry, dan hoef ek nie rond te skarrel nie. Op die oomblik het ek n mandjie met blokkies wat ek hekel wat heel waarskynlik n kussing sal word in my motor se kattebak - gereed vir wanneer die langpad voorle. Hoop jy geniet die res van my geselsie op my blog en geniet jou hekelwerkies.

    ReplyDelete