Sunday 1 April 2012

Uiteindelik kan ek halo se vir al jul pragtige mense!!!!  Ek was bietjie afgesny van blog-land, maar hier is ek nou weer en laat ek dan sommer dadelik wegspring en jul wys waarmee ek vrydag begin het vir n naweek-projek.


Ek was bietjie lus vir fyn hekelwerk en hierdie nr8 hekelgaring wat ek het was die regte kandidaat vir wat ek in gedagte het.




Ekt besluit op n fyn doily, my fingers het al begin juk om weer bietjie met dun katoengaring te werk.  Die kleur is vir my ook heel besonders. Die patroon kom uit n "ondori" boek uit, maar hierdie een is in engels vertaal - oorspronlik is ondori boeke in japanees- maar hoekom ek van die boeke hou is die feit dat al die patrone diagramme ook by het. Deagramme werk vir my baie makliker en vinniger. Glo as jul foto van naderby bekyk sal jul die patroontjie mooi genoeg kan sien om self ook n lappie te hekel - wys my gerus as jul hom probeer het! 

No comments:

Post a Comment