Monday 26 March 2012

Naweek tha-dha

Ek het toe darm ñ tydjie gekry om die handskoentjies "op te jazz". Dit het baie oulik uitgekom en C is mal daaroor. Ek het sommer so uit my kop uit gesit en die blommetjies en blaartjies hekel.



 
Kyk net

 





Mooi uitgekom nè. Dit het baie vinnig gegaan en ek het ñ tydjie gehad om nog ñ blik-jassie te maak, alhoewel die jassie hierdie keer sy tuiste om ñ glas houertjie gevind het. Ek gaan hom in C se kamer sit.






Sy is darm nie die enigste een aan wie ek "hekeltyd" spandeer het nie, ek het aan S se kabeltrui ook gewerk. Die trui vorder nou goed, ek is klaar met beide die voor- en agterpant, ek het met die moue begin, ek brei hul met gewone grys wol wat ek gou saterdag oggend gaan koop het.






Let op die vleeskleurige wol - ha-ha - ekt al kla ñ idee van ñ ietsie kleins wat ek met dit gaan hekel as die tyd my gegun word. My man se ouma van 86 kuier vir ñ onbepaalde tyd by ons, so my tyd is nie meer my eie nie. Dis die dat ek saterdag gedink het dis kersfees met al die vryetyd wat ek op hande gehad het!! Maar nou ja ek geniet dit maar soos dit kom want vandag het ek wee geen tyd van my eie gehad nie, die dat ek nou na 10 in die aand eers tydjie kry om so bietjie te blog. Maar ja elke dag is in elk geval net genade tyd nè, so ons moet die beste daarvan maak en elke oomblik terdeë geniet. Geseende nagrus vir almal.

No comments:

Post a Comment