Monday 19 March 2012

n Hart vol kleur

More al julle pragtige mensies!





Ek vertrou jul het n heerlike naweek gehad? My naweek was baie leersaam, maar moet se dit is lekker om terug by my mense te wees. Ek het n paar goed om my lysie vir hierdie week, maar eers wil ek jul gou wys wat ek verlede week gedoen het.

 n Dierbare vriendin van my het my met n lieflike bol "wol" bederf. Mens kan dit seker nie eintlik wol noem nie, die etiket se "Twirl" en jy brei die mooiste serpe met dit. Kyk net bietjie hier....





Kyk net hoe pragtig is die kleure! Dit lyk vir my asof dit iets is wat uit die see uit kan kom......







Ek is amper klaar en dan is my serp reg om gedra te word. n Lieflike dag vir almal verder.

No comments:

Post a Comment