Friday 23 March 2012

Naweek Projek

Liewer laat as nooit ne!!!! Ek het redelik vroeg vanogged my ah-ha oomblik vir my naweek projek gekry, maar kry nou eers kansie om dit met jul te deel.
Wel ek staan toe nou so in n winkel besig om te betaal toe ek gebreide handskoentjies by die til sien hang. En net daar toe weet ek wat my projek gaan wees, ek gaan die handskoentjies vir C koop en dan versier met gehekelde motiewe / blomme, want dit lyk maar heel vervelig......


Soos jul kan sien is daar niks "wow" omtrent die eenvoudige swart handskoentjies nie, maar vir slegs R7-99 het dit skielik vir my n baie aanloklike uitdaging geraak om hul potensiaal te ontgin!!!
So nou gaan ek bietjie tussen my wolle en garings ens grou om te kyk wat ek kan gebruik om hulle so bietjie op te kikker.
Lieflike geseende naweek vir almal.
xxx

No comments:

Post a Comment