Friday 16 March 2012

Naweek-projek

Naand dames,skuus ek is so laat met my naweek-projek "post", maar die naweek het ek n projek van n ander aard wat ek aanpak. Ek is op n vrouekamp, waar Gretha Widd die gasspreker is. Ons is klaar met vannaand se lesings en op die oomblik le ek in die bed en tik - wat sal ons sonder tegnologie doen!!??? Nou ja, glo dit of nie, ekt nie n wol of n naald van enige aard saamgebring nie!!!! Ja baie erg vir my, maar die naweek wei ek aan Vader so ek het die wolle (en man en kinders) by die huis gelos. Eerste keer wat ek alleen op n kerk kamp gaan, so ons kyk maar hoe hou my moeder hart dit. Mag jul almal n geseende kreatiewe naweek he. Xxxx

No comments:

Post a Comment