Tuesday 17 April 2012

Wat is aan die naald?

Hi almal, net n vinnige inloer om jul op hoogte te hou waarmee ek bedrywig is, en ek jok nie as ek se ek is redelik bedrywig nie! Ek is besig om baba mussies ens te hekel vir n vriendin wat n fotografie besigheid het en dan is ek besig om goedjies te maak vir die intreppeneurs dag by die skool. En as ek nie besig is met dit nie, dan werk ek aan n trui vir C , o,ja en ek het ook wee so ry of 2 aan die Noag en die Ark kombers gehekel. So ja, weer te veel ysters in die vuur of laat ek eerder se, te veel hekelnaalde in wolle!!!!
Maar toemaar wat, meeste is klein projekte wat binnekort afgehandel sal wees. Kom ek wys die blokkies......




Ek gebruik n gewone grys saam met die gespikkelde wol om vir so bietjie afwisseling te sorg


n Geseende aandjie vir almal verder, mag jul kreatiwiteit geen einde ken hierdie week

No comments:

Post a Comment