Monday 23 April 2012

Beanie tha-dha

Ek het 4 hoedjies klaar gemaak en dit het regtig baie oulik uitgekom. Die patroon is sommer my eie, en ek het dit goedgedink om dit een of ander tyd met jul te deel. Sal net eers tydjie moet inruim om hom mooi uit te skryf en n foto of 2 te neem, ek vind die "tutorials" soos hul in blog-land bekend staan wat foto's by het is baie makliker om te volg - so ek sal dit ook so doen. Maar laat ek eers vir jul wys...



Die eerste een het ek n mooi groot pienk roos gemaak.


Vir die pers hoedjie het ek n patroon uit Sasha Kagan se boek 'Crochet inspiration' uit gemaak.



Die pienk hoedjie het ek sommer net met n lintjie versier

 

En die laaste hoedjie met n klein fyn pienk blommetjie.
Baie mooi geseende dag en week vir julle.

No comments:

Post a Comment