Tuesday 10 April 2012

Fair-Isle

Ek het voor verlede week die lieflikste wol gekoop, regtig lanklaas sulke sagte wol gevoel - ek kan nie ophou om daaraan te vat nie!!!!! En die kleure is so pragtig, dit laat my aan roomys dink.......


Is dit nie die mooiste kleure saam nie? Pragtig, en ek kan nie oor die sagtheid van die wol kom nie.  Ekt in n Simply Knitting tydskrif n baie mooi Fair Isle patroon gesien, oorspronklik vir n warmwatersak patroon, maar ekt besluit om die Fair Isle patroon te brei, maar vir n heel ander projek.....



Dit gaan nie nastenby so vinnig soos hekel nie, maar die resultaat is defnitief die moeite werd.


















2 comments:

  1. Dit is pragtige kleure- wens ek kon ook daaraan vat!

    ReplyDelete
  2. Hi Santie, ja dit is nogal besinderse kleure. Doen jouself n guns en gaan by n wol-winkel in en voel net daaraan, dink dis hoe wolkies moet voel!! ha-ha. Mooi dag

    ReplyDelete