Thursday 28 June 2012

Noa and the ark tha-dha

Noag en die ark kon toe uiteindelik die week die waters invaar !!!! Ha-ha
My liefste seun het hierdie sondag verjaar en ek kon toe darm sy kombers vir hom gee. Ek sal mettertyd nog visse hekel en vaswerk. Die oorspronlike patroon het net 1 vis, maar hy lyk vir my te alleen en verdwaald so op sy eie, so ek gaan maar nog n paar vis maatjies vir hom maak.
Kyk solank hoe hy uitgekom het. Die kombers is groot genoeg om oor n enkelbed te pas. (maar het hom so bietjie bo ingevou vir die fotoshoot)


Nou ja ek is regtig bly die kombers is toe nou betyds klaar, in ag genome dat ek verlede week siek was met n maag kiem en so erg ontwater het dat die dokter my dadelik op n drup gesit het...... jig, dit was goor, want seuntjie was ook siek en toe begin my man en meisiekind ook olik raak a.g.v die kiem. Maar nou ja, gelukkig het ons almal oor die naweek spoedig geherstel en is ons nou weer op die been.

Kom ons gesels eerder wolle !!!!
Ek het mos begin om my hobby kamer reg te pak en te re-decorate, so ek het op soveel vergete goed afgekom. Insluitende die mooiste gekleurde groen wol. En jul sal nie glo nie, dit pas perfek by my nuwe bank, so ekt gedink om n kniekombersie te hekel wat sommer permanent op die bank bly.
Kom ek wys jul die blokkies wat ek gisteraand gehekel het...



Ek is mal oor die pers kleurspeling saam met die groen. Die wol se kleur is so mooi dat ek gevoel het mens het nie nodig om n ingewikkelde patroon/blokkie te hekel nie. Granny square is die perfekte patroon om die kleur tot sy reg te laat kom.
So ja, hierdie gaan sommer my naweek projek ook wees aangesien more elk geval vrydag is - jippy!!!
Pragtige geseende dag vir almal
xxx

1 comment: